Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff-verslag ‘mors van papier’
Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff. Foto: Argief

Die ouditeursfirma PwC se verslag oor sy forensiese ondersoek na Steinhoff “is ’n mors van papier”, sê die Progressive Professionals Forum (PPF).

“Dit is nie die R200 miljard werd wat deur beleggers, waaronder staatspensioentrekkers, verloor is nie,” sê die PPF in ’n verklaring wat Saterdag uitgereik is.

“Die verslag se poging om uitvoerende leiers se oortredings en blatante misdadigheid af te water tot blote nienakoming van openbaarmakingsvereistes en rekeningkundige standaarde – en dit deur ’n gerespekteerde ouditeursfirma soos PwC – moet afgekeur word.

“Die mate waartoe die verslag wegskram daarvan om gevalle van diefstal, bedrog, binnehandel, geldwassery en so meer onomwonde by die naam te noem, laat dit lyk of PwC geregtelike hersiening wil vermy, wat in stryd met die openbare belang is,” lui die verklaring.

Die PPF meen die optrede van die hele ouditeursbedryf in Suid-Afrika moet onder die loep kom “omdat dit sterk aanduidings gee van samespanning”.

Daar moet sterk optrede wees teen die voormalige uitvoerende leiers van Steinhoff en ander mense wat in die verslag geïmpliseer word, soos Markus Jooste, Stéhan Grobler, Davide Romano, Ben la Grange, Dirk Schreiber, Siegmar Schmidt, Alan Evans en Jean-Noel Pasquier, sê die PPF.

Steinhoff gaan skadevergoeding eis van die voormalige uitvoerende direkteure en topbestuurders wat in die verslag geïmpliseer is.

Nellie Brand-Jonker het vroeër berig PwC het steeds nie vir Jooste ondervra nie.

Steinhoff gaan skadevergoeding eis van die voormalige uitvoerende direkteure en topbestuurders wat in die verslag geïmpliseer is. Die groep sal ook bonusse wat aan sekere individue betaal is, terugeis.

Die PPF vra ook dat pres. Cyril Ramaphosa en dr. Rob Davies, minister van handel en nywerheid, asook die ministerie van finansies ’n interministeriële taakspan vestig wat kan adviseer hoe korporatiewe aanspreeklikheid verbeter en versterk kan word.

“Ons doen dié beroep weens ons besorgdheid dat daar oënskynlik al hoe meer onthullings is oor korporatiewe wangedrag deur Suid-Afrikaanse maatskappye – soms in samespanning met hul internasionale vennote. Dit ondermyn Suid-Afrika as ’n bestemming vir buitelandse beleggings,” lui die PPF se verklaring.

“Die voortgesette vertraging om hierdie soort ekonomiese misdade vas te vat ondermyn maatskaplike stabiliteit en die oppergesag van die reg en kom dus neer op ’n kwessie van staatsveiligheid,” sê die PPF.

Meer oor:  Steinhoff  |  Ppf  |  Pwc
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.