Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff vra jawoord vir nuwe notering

Steinhoff vra die toestemming van sy krediteure om een van sy kroonjuwele, sy Europese meubel- en klerewinkelgroep, Pepco, te noteer.

Pepco, wat winkels in onder meer Pole en Roemenië bedryf, word as een van Steinhoff se winsgewendste ondernemings beskryf.

Geen aanduiding word nog gegee waar Pepco genoteer gaan word nie. Steinhoff self het sy primêre notering op die Frankfurtse aandelebeurs en ’n sekondêre notering op die JSE.

Die maatskappy oorweeg nou al sedert 2019 om Pepco óf te verkoop óf afsonderlik te noteer, maar planne is deur die swak mark en onsekerheid wat die Covid-19-pandemie in 2020 geskep het, op lange baan geskuif.

Steinhoff het op 25 Januarie aangekondig hy is besig met ’n waardasieproses vir Pepco met die oog op ’n afsonderlike notering.

Nou het die maatskappy bekend gemaak dat hy toestemming van sy krediteure versoek het om Pepco afsonderlik te noteer. Dit sal insluit dat Steinhoff se belang in Pepco ook genoteer word, wat vir die maatskappy ’n hele paar rand in die sak kan bring.

In 2020 het markbespiegeling oor die verkoop daarvan die maatskappy op sowat €4,5 miljard (meer as R77 miljard) gewaardeer.

Pepco het nagenoeg 3 200 winkels in 15 lande. Die Pepco-groep besit buiten Pepco-winkels in Sentraal- en Oos-Europa ook Dealz, wat in Ierland, Pole en Spanje winkels het, en Poundland, wat in Brittanje sake doen.

Pepco het vantevore aan Pepkor behoort toe Christo Wiese nog nie hoofaandeelhouer daarvan was. Dit het ’n afsonderlike filiaal van Steinhoff geword toe Wiese Pepkor aan Steinhoff verkoop het – vir aandele wat ná die aankondiging van boekhoubedrog by Steinhoff so te sê waardeloos geword het.

Pepkor is Steinhoff se winsgewende Suid-Afrikaanse filiaal, wat onder meer Pep, Ackermans, Tekkie Town, Bradlows en Incredible Connection besit.

Steinhoff vorder met die skikkingsooreenkoms met aandeelhouers en krediteure wat miljarde van hom geëis het weens die wanvoorstellings oor sy boeke. Dit sluit in gewone aandeelhouers wat aandele in die oop mark gekoop het en mense soos Wiese wat ondernemings of ander aandele vir Steinhoff verruil het. Nie alle beleggers steun egter die skikking nie en hofsake daaroor duur voort.

LEES OOK: Steinhoff kry nog 4 groep se steun vir skikking

Intussen wag die Valke op ’n forensiese verslag wat PwC opstel met die oog daarop op mense vir die Steinhoff-skandaal te vervolg. Dit sal na verwagting einde April aan die Valke oorhandig word.

LEES OOK: Valke moet nog maand wag vir Steinhoff-verslag

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Pepco  |  Meubelhandel  |  Bedrog  |  Sakeredding
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.