Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff vra uitstel vir stem oor skikking

Steinhoff het die hof in Amsterdam gevra om die datum waarop sy krediteure oor ’n skikkingsplan sou stem, uit te stel.

Die komitee wat krediteure verteenwoordig, is veronderstel om op 30 Junie oor die Nederlandse skikkingsplan te stem.

Steinhoff sê in ’n verklaring die versoek is nog nie aangehoor nie en ’n nuwe datum is nog nie bepaal nie.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Intussen het die distrikshof van Amsterdam Woensdag ’n aansoek van die krediteur Hamilton afgewys vir tussentydse maatreëls waarvoor gevra is ten opsigte van die ontleding van eise en die stemproses.

Steinhoff en die administrateurs van die proses en ander partye het die aansoek teengestaan.

Die besluit kan nie geappelleer word nie.

Soos vroeër aangekondig het Hamilton afsonderlik appèl aangeteken teen die 28 Mei-beslissing van die hof dat ’n komitee van krediteure aangestel mag word wat oor die skikking mag stem.

Die appèl is hangende voor die appèlhof in Amsterdam met ’n verhoor oor die toelaatbaarheid van die appèl wat geskeduleer is vir 22 Junie.

Steinhoff staan dit teen.

Die appèl wat deur Hamilton ingedien is, het nie daartoe gelei dat die hof die sperdatum van 15 Junie herskeduleer het vir die indiening van eise nie.

Die administrateur sal nou begin met die hersiening van die eise wat vir die Nederlandse skikking ontvang is.

Meer oor:  Steinhoff  |  Hamilton  |  Bedrog  |  Sakeredding  |  Meubelhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.