Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff vra weer uitstel vir skuldstilstand
Die internasionale meubelhandelaar Steinhoff het uitstel gevra om dokumentasie oor sy skuldherstrukturering af te handel.

Steinhoff het weer ’n maand uitstel gevra van sy skuldeisers vir die datum waarop die dokumentasie vir die herstrukturing van sy skuldlas afgehandel moet word.

Die ooreenkomste vir die implementering van die herstrukturering was veronderstel om op 20 Oktober voltooi te wees.

Krediteure is gevra om hul toestemming te gee om die datum tot 20 November uit te stel.

Die datum van 20 Oktober is drie maande nadat ’n skuldstilstand met krediteure in werking getree het om die groep tyd te gee om die dokumentasie vir die herstrukturering van sy skuld af te handel.

Danie van der Merwe, waarnemende uitvoerende hoof van die groep, het gesê die herstruktureringsproses het die afgelope drie maande wesenlik gevorder.

Volgens hom is belangrike mylpale bereik om die groep se finansies te stabiliseer.

“Gedurende die tydperk het ons voortgesette, beduidende ondersteuning van krediteure ontvang ingevolge die skuldstilstand en ons bly in positiewe gesprekke met hulle,” het hy gesê.

Mattress Firm het vroeër aansoek om bankrotskap in Amerika gedoen. Dit is skaars twee jaar nadat Steinhoff meer as $3,8 miljard vir die matrasgroep betaal het. Steinhoff gaan in die proses sowat die helfte van sy belang verloor. Foto: Verskaf

Volgens hom is die onderhandelinge oor die dokumentasie ver gevorder. “Die uitstel van een maand sal ons die nodige tyd gee om die proses te voltooi voordat met die nodige herstrukturering begin word.”

Wesenlike vordering is die afgelope maande gemaak met ’n paar belangrike sake wat afgehandel moes word voordat die herstrukturering geïmplementeer kon word. Dit sluit in:

  • Die verkoop van die bedryfsmaatskappye van Kika-Leiner. Dit is op 13 Julie afgehandel. Die verkoop van die eiendomsmaatskappye van Kika-Leiner is ver gevorderd en gaan binnekort voltooi word. ’n Ooreenkoms is ook bereik om die vervaardigers van die meubels vir Puris Bad en Impuls Küchen en hul bates te verkoop omdat dit nie as kernbedrywighede vir Steinhoff beskou word nie.
  • Die herstrukturering van die skuldlas van die filiaal Hemisphere International Properties B.V. is ook op 6 September voltooi. Dit het ’n nuwe termynlening vir die volgende drie jaar tot gevolg gehad.
  • Die herfinansiering van sekere skuld van Greenlit Brands (voorheen Steinhoff Asia Pacific Group) is op 27 September geïmplementeer. Dit sluit die wysigings aan sekere lenings binne die groep in, asook ’n nuwe wentelkredietgerief vir die herfinansiering van bestaande skuld.
  • Die Amerikaanse filiaal Mattress Firm en twee van sy filiale het aansoek om bankrotskap gedoen in Amerika onder wetgewing wat hulle beskerm teen skuldeisers. Die maatskappy het as deel van sy herstrukturering verbintenisse tot finansiering gekry vir die komende vier jaar. Dit sal in werking tree as hy uit bankrotskap kom. Die herstrukturering moet sy balansstaat versterk terwyl talle winkels gesluit gaan word. Dit sal na verwagting sy omkeer versnel. As deel van dié herstrukturering het die Amerikaanse tussenbeheermaatskappy Stripes US Holding (Sushi) ’n reëlingskema in Engeland bekend gestel om die uitruil van sekere van sy aanspreeklikhede te bewerkstellig. Mattress Firm het ook binne die groep se struktuur verskuif om ’n filiaal van Steinhoff Europe AG (Seag) te word. Dit bewerkstellig die herstrukturering van sekere wesenlike lenings binne die groep wat deur Sushi en die Mattress Firm-groep verskuldig is.
Meer oor:  Mattress Firm  |  Steinhoff  |  Danie Van Der Merwe  |  Skuld  |  Maatskappy
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.