Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff vrees ook Covid-19

Die Steinhoff-groep, wat nog wêreldwyd belange in ’n paar kleinhandelaars het waaronder Pepkor in Suid-Afrika, is ook bekommerd oor wat die Covid-19-koronavirus se uitwerking op bedrywighede gaan wees.

A company sign stands above the Steinhoff Internat
Steinhoff se hoofkantoor in Stellenbosch. Foto: Getty Images

Die groep het in ’n handelsverklaring vir die laaste kwartaal van sy boekjaar gesê “baie van sy ondernemings is op die een of ander wyse afhanklik van aankope uit Asië”.

“Daar word wyd verwag dat die uitbreking en verspreiding van die koronavirus tot probleme met aankope gaan lei, maar dit is nie moontlik om akkuraat te bepaal wat die impak op die vertoning van die ondernemings gaan wees nie.”

Die direksie sê die groep neem ’n aantal stappe om die potensiële impak te versag, wat alternatiewe reëlings met aankope insluit. Steinhoff besit die volfiliaal Pepkor Group Sourcing wat in Hongkong gesetel is.

Die Shoprite-groep het vandeesweek gesê hy het van sy bestellings uit China verskuif omdat produkte vir die winter nie betyds gelewer sal word nie.

Woolworths het aan Business Insider gesê van middel Maart af kan ’n vertraging in die lewering van wintervoorraad van China af ’n tekort aan sekere voorraad op sy winkelrakke meebring.

Massmart, wat Game en Makro besit, het ook gesê die impak sal ’n vertraging in die lewering van produkte tot gevolg hê.

Mitch Slape, Massmart se nuwe uitvoerende hoof, sê hulle is gelukkig dat hulle deel van die groot internasionale groep Walmart is omdat hul goeie insig kry oor wat in China gebeur. Walmart het selfs in Wuhan waar die virus uitgebreek het ’n winkel.

Slape sê hy word gereeld op hoogte gehou van die situasie met hul verskaffers en die vermoë om produkte te verskeep.

“Ek sal die situasie in dié stadium eerder as ’n vertraging klassifiseer.”

Hy sê ook hulle sal dalk die vervaardiging van sommige produkte na ander markte skuif.

“Ek glo nie dit gaan ’n drastiese invloed op die onderneming hê nie. Maar ek kan ook nie gis oor wat vorentoe gaan gebeur nie, die situasie is nog besig om te verander terwyl dit ook na ander lande versprei.”

Ook Massmart het soos Shoprite ’n verbod op personeel wat na China mag reis.

Meer oor:  Steinhoff  |  Pepkor  |  Covid-19  |  Kleinhandelaars  |  Kleinhandel  |  Koronavirus
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.