Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff wil alle eise saamgooi

Steinhoff het ’n hofaansoek in die hooggeregshof in Kaapstad gebring om al die eise teen die maatskappy saam te gooi sodat dit saam aangehoor word.

A company sign stands above the Steinhoff Internat
Steinhoff se hoofkantoor in Stellenbosch. Foto: Getty Images

Die aansoek om die eise te konsolideer is verlede week gebring.

Ten minste twee partye het aan Netwerk24 gesê dié aansoek gaan teengestaan word.

“Ons glo dit is ’n vertragingstaktiek,” sê Riaan Meintjes van Hayes Ing., wat die trustees van die Le Toit Trust in ’n eis van R740 miljoen verteenwoordig.

“Dit gaan langer neem om by ’n verhoor uit te kom as dit saam aangehoor word, want dit moet dan gelyk gereed wees om aangehoor te word.”

Hy het dit as ’n lywige aansoek beskryf.

Steinhoff voer glo in die aansoek aan dit gaan meer kostedoeltreffend wees en dit maak sin vir die hof omdat al die feite na bewering soortgelyk is.

Die ander party wou nie aangehaal word nie omdat hul teenstand nog nie amptelik is nie.

Christo Wiese eis byna R60 miljard van Steinhoff.

Sover bekend is daar sowat 30 respondente in die aansoek.

Die grootste eis teen Steinhoff – altesame amper R60 miljard – is van Christo Wiese, voormalige voorsitter en grootste aandeelhouer van Steinhoff.

Die tweede grootste eis is sover bekend van Lancaster 101, Steinhoff se jare lange bemagtigingsvennoot, wat R12 miljard eis.

Ander respondente sluit in die voormalige eienaars van Tekkie Town, wat hul onderneming aan Steinhoff verkoop het, asook die sakeman GT Ferreira en personeel van Pepkor. Laasgenoemde is ’n eiis wat ’n beleggingsvoertuig waarin hulle aandele hou, teen Steinhoff gebring het.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Markus Jooste  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Bedrog  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.