Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff wil dalk aandele uitreik aan eisers

Die sukkelende Steinhoff-groep oorweeg dit om aandele aan die partye uit te reik wat eise teen hom ingestel het.

Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof van Steinhoff.

Hy sê dit in ’n verklaring wat Vrydagoggend uitgereik is oor die vordering wat die maatskappy maak met die strategie wat einde Augustus op sy jaarvergadering aan beleggers voorgelê is.

Die groep het ook bevestig Pepkor Europe (wat einde September hernoem is na die Pepco-groep) gaan moontlik noteer.

“Die proses is nog in sy vroeë fases en geen besliste besluit is nog geneem nie.”

Pepco het in Augustus sy banklenings herfinansier en sodoende sy finansieringskoste verlaag.

Steinhoff het ’n taakspan wat uit direksielede bestaan wat op die spesifieke regsaspekte fokus. Talle regsgedinge is deur verskeie partye in Suid-Afrika, Nederland en Duitsland teen die groep gebring.

Die maatskappy sê sy ondersoeke om voor te berei vir die verdediging van die hofgedinge duur voort. “Eise en teeneise sal gebring word teen partye waar dit van pas is.”

Steinhoff sal ook “vroeë oplossings” van die eise oorweeg en die moontlikheid om die skikkingsreëlings te gebruik wat toegelaat word ingevolge die ooreenkoms wat met sy skuldeisers bereik is.

“Dit sal onder meer die uitreiking van aandele insluit.”

Steinhoff se aandeelprys is nou op nagenoeg 96c.

Steinhoff se aandeelprys het van Vrydag 1 Desember tot Vrydag 8 Desember 2017 van R55,80 tot R6 geval nadat die bom oor sy boeke gebars het. In daardie week is aankondig dat die jarelange uitvoerende hoof, Markus Jooste, met onmiddellike ingang bedank het, die maatskappy nie sy jaarresultate kan uitreik nie en ’n ondersoek na ongerymdhede met sy boeke begin word.

Partye wat betrokke is by regsgedinge en met wie Netwerk24 gepraat het oor die moontlikheid dat aandele uitgereik kan word, is nie opgewonde daaroor nie.

Een party meen as die uitvoerende hoof en ander direkteure hul vergoeding in aandele geneem het, “sou ’n mens seker vertroue kon hê in die toekoms van Steinhoff-aandele”.

“Maar die teendeel is bewys. Hulle verkies kontant en daarom moet ’n mens seker maar ook kontant kies.”

’n Ander party sê dit sal nooit aanvaar word nie. “Steinhoff se aandele is minder werd as leë toiletrolle by die huis.”

Meer oor:  Pepkor Europe  |  Pepkor  |  Steinhoff  |  Markus Jooste  |  Bedrog  |  Kleinhandel  |  Meubels  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.