Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff wil niks sê oor appèl wat afgewys is
steinhoff
Steinhoff was altyd die hoofborg van die Maties-rugbyspan. Foto: Getty Images

Steinhoff wil nie kommentaar lewer oor die beslissing Maandag van die hooggeregshof in Kaapstad om sy aansoek om verlof tot appèl te weier teen die tussentydse interdik oor die verkoop van Tekkie Town nie.

Steinhoff het Vrydag aangevoer die tussentydse interdik is te wyd en beperkend omdat dit hom keer om transaksies met enige van sy filiale te doen.

LEES OOK: Steinhoff, Pepkor se aansoek om appèl misluk

Steinhoff en Pepkor het ’n aansoek om verlof tot appèl gebring teen die hofbevel van einde April.

Hulle het die hof gevra om verlof tot appèl na die appèlhof in Bloemfontein.

Regter Nathan Erasmus het die aansoek Maandag van die hand gewys.

Die tussentydse interdik is in April toegestaan nadat die oorspronklike eienaars van Tekkie Town ’n aansoek gebring het om te verseker dat as hul eis teen Steinhoff slaag, hulle hul onderneming sal terugkry.

LEES OOK: Hof belet Steinhoff, Pepkor om Tekkie Town te verkoop

Pepkor het Maandag ná die uitspraak gesê hy gaan nou ’n aansoek om verlof tot appèl direk na die appèlhof bring.

Steinhoff het in reaksie op die uitspraak gesê hy lewer nie kommentaar oor voortgesette regsgedinge nie. Hy wou dus ook nie sê of hy gaan appelleer nie.

Erasmus sê die tussentydse interdik is so opgestel dat dit net verband hou met die beheer wat Steinhoff oor sy filiale, insluitende Pepkor en Tekkie Town, uitoefen.

Hy sê die tussentydse bevel is nie finaal nie en kan herbesoek word indien Pepkor enige transaksies met Tekkie Town wil doen.

Bernard Mostert, voormalige uitvoerende hoof van Tekkie Town, sê in ’n verklaring ná afloop van die hofuitspraak tydens die verhoor het “hulle ’n stroom boodskappe ter ondersteuning” gekry en Maandag het “die boodskappe van gelukwensing ingestroom”.

“Blykbaar sien Suid-Afrikaners ons verhaal as die gesig van die stryd om geregtigheid,” meen hy.

Meer oor:  Steinhoff  |  Tekkie Town  |  Pepkor  |  Steinhoff-Skandaal  |  Bedrog  |  Maatskappye
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.