Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Steinhoff wil sy volle belang in KAP verkoop

Steinhoff gaan sy belang in KAP probeer verkoop onder meer om sy skuld te kan betaal nadat ’n herstruktureringsplan met krediteure ooreengekom is.

KAP se logistiekafdeling sluit Unitrans en Greyhound in.

Steinhoff besit nagenoeg 694 miljoen aandele oftewel 26% van KAP, ’n gediversifiseerde vervaardiger van onder meer sponsmatrasse en beddens (Restonic), motoronderdele en plastiek (Safripol). KAP het ook ’n logistiek-arm (Unitrans).

Steinhoff sê in ’n Sens-verklaring hy gaan die aandele net aan institusionele beleggers verkoop en ook slegs as hy ’n “aanvaarbare” prys daarvoor kry.

Die groep het ook bykans ’n jaar gelede 450 miljoen KAP-aandele verkoop.

KAP het Dinsdag op R7,56 gesluit, wat die aandele nagenoeg R5,3 miljard werd maak.

Die stap beteken dat Steinhoff glad nie meer ’n belang in KAP sal besit nie. Steinhoff-direkteure wat op KAP se direksie dien, sal bedank. Dit sluit in Louis du Preez, uitvoerende hoof van Steinhoff, en Theo de Klerk, bedryfshoof.

Die aandele sal nie aan lede van die publiek verkoop word nie.

Die boekhou het Dinsdag geopen en sal “so gou as moontlik” voltooi word.

Steinhoff se skuldkrisis het ontstaan nadat die maatskappy in Desember 2017 aangekondig het dat hy nie sy jaarsyfers kan uitreik nie omdat sy ouditeure, Deloitte, boekhoukundige onreëlmatighede ontdek het.

Voorverlede week is ’n verklaring uitgereik oor die 14 maande lange forensiese ondersoek wat PwC gedoen het.

Daaruit, en uit ’n voorlegging deur Du Preez enkele dae later in die parlement, blyk dat fiktiewe transaksies so lank gelede as 2009 gepleeg is. Die PwC-verslag identifiseer Markus Jooste, voormalige uitvoerende hoof, Ben le Grange, voormalige finansiële hoof, en nog ses mense as die hoofverdagtes.

Meer oor:  Steinhoff  |  Kap Industrial  |  Pwc  |  Louis Du Preez  |  Theo De Jager  |  Meubelhandel  |  Kleinhandelaars  |  Vervaardigers  |  Kleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.