Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Stigters koop Tashas terug
Daar is 18 Tashas restaurante in Suid-Afrika. Foto: Argief

Natasha Sideris en haar broer, Savva, besit nou weer die Tashas-restaurantgroep.

Famous Brands sê Maandag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens, Sens, dat hy die meerderheidsbelang van 51% wat hy in dié groep besit het, weer aan die stigters verkoop het.

Die Sideris-familie het tot dusver 49% van die groep besit.

Natasha het die restaurante in 2005 gestig.

Hulle het die belang van 51% aan Famous Brands in Julie 2008 verkoop.

Die groep het sedertdien uitgebrei tot ’n netwerk van 18 restaurante in Suid-Afrika en agt in die Verenigde Arabiese Emirate.

Meer oor:  Famous Brands  |  Restaurante
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.