Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Stiptelike Mango enigste SA lugdiens op dié radar

Mango is die laekoste-lugdiens in Afrika waarvan die vlugte die gereeldste betyds is – 82,88% van sy vlugte styg op en land wanneer dit moet.

Die staatsbeheerde lugdiens Mango is die enigste plaaslike lugdiens wat gereeld betyds is.

Mango is ook die enigste lugdiens in Suid-Afrika wat vanjaar die ranglyste van die stiptelikheidsliga kon haal. Dié ranglyste word jaarliks saamgestel deur die OAG, ’n Britse maatskappy wat inligting versamel oor lugvervoer wêreldwyd. 

Op die wêreldranglys vir stiptelikheid van laekoste-lugdienste behaal Mango die vierde plek. Op die algehele ranglys vir alle lugdienste wêreldwyd is Mango 19de. Sien ook die grafika hieronder.

Die liga reken ’n vliegtuig as betyds as hy binne 15 minute van die vertrektyd en aankomstyd land of opstyg. Gekanselleerde vlugte word as nie betyds aangeteken nie.

Marelize Labuschagne, waarnemende uitvoerende hoof van Mango, sê hul sukses is te danke daaraan dat “elke lid van die span die waardeketting verstaan”.

“Ons is almal bewus van hoe die proses tot op die letter en elke punt gevolg moet word sodat daar geen negatiewe aanslaan is nie.”

Tlali Tlali, ’n woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Lugdiens, wat nie die ranglys gehaal het nie, sê hul eie data wys 87,22% van hul vlugte vertrek en 82% land betyds.

Hulle neem egter nie vlugte wat gekanselleer word in ag wanneer dié gemiddelde bereken word nie.

Lughawens

Op die ranglys vir stiptelikheid van lughawens is die Koning Shaka-lughawe by Durban tiende op die lys vir klein lughawens. Dit is die enigste Suid-Afrikaanse lughawe wat ’n lys gehaal het.

Op die ranglys vir stiptelikheid van lughawens is die Koning Shaka-lughawe by Durban tiende op die lys vir klein lughawens. Dit is die enigste Suid-Afrikaanse lughawe wat ’n lys gehaal het.

André Vermeulen, hoof van lughawebestuur by die lughawensmaatskappy Acsa, sê hulle het kontak gemaak met die OAG en volgens die OAG het hulle nie genoeg data gehad vir die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg en vir Kaapstad-lughawe om by die ranglyste ingesluit te word nie. Acsa gaan dié data nou aanstuur.

Volgens Acsa se data was 84,39% van Kaap­stad se vlugte in 2018 betyds en 82,54 van O.R. Tambo s’n.

Tlali sê verder hy weet nie of die SAL enigsins deur die OAG oorweeg is nie. Die OAG noem in sy verslag ’n lys van kriteria waaraan voldoen moet word vir oorweging. Dit sluit in dat die OAG data vir minstens 80% van die lugdiens se vlugte moet hê. Die OAG versamel dié data self van verskeie bronne.

Shaun Pozyn, hoof van bemarking by Kulula, sê Comair, wat Kulula en British Airways plaaslik bestuur, se vlugte is die “laaste paar maande” verskeie kere vertraag weens probleme by SAL Tegnies, wat dié vliegtuie diens.

Hulle is egter “ernstig” daaroor om hul stiptelikheid tot meer as 85% te verbeter. Dit gaan hulle regkry deur onder meer sover moontlik alle groot onderhoudswerk oorsee te laat doen.

Hulle beplan ook om vyf vliegtuie op bystand te hê terwyl 21 in die lug is. “Dit is ’n buitengewone reserwe-getal, maar dit is in die huidige omstandighede nodig.”

Hulle koop ook twee nuwe Boeing 737 MAX 8-vliegtuie, wat in Maart hier aankom, en gaan vyf B737-800-vliegtuie huur, wat in April en September hier aankom. Dié nuwe vliegtuie gaan plaaslik deur Lufthansa Technik onderhou word, en nie deur die SAL nie.

  • In die afdeling vir alle lugdienste is Copa Airlines in die eerste plek met 89,70% van vlugte wat betyds is. Dié lugdiens is veral in Suid-Amerika bedrywig.
  • In die afdeling vir mega-lugdienste is die Latam Airlines Group (85,6%) van Chili eerste. Mega-lugdienste is die 20 lugdienste wat die grootste getal vlugte vir 2018 gereël het.
  • Op die lys van hooflyn-lugdienste wat ’n volledige diens bied, met ander woorde nie laekoste-lugdienste nie, is Copa Airlines ook nommer een.

  

mango
Meer oor:  Mango  |  Acsa  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Kulula  |  Comair  |  Tlali Tlali  |  Vlugte  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.