Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sukkelende SA Express knip vlerke oor Covid-19
SA Express het alle vlugte weens die Covid-19-pandemie gestaak.Foto: Argief

SA Express vlieg van Woensdag af nie meer nie.

Die lugdiens het Dinsdagaand in ’n verklaring gesê hy het besluit om sy diens vir eers weens die Covid-19-uitbreking te staak.

Alle vlugte is dus vanaf 18 Maart tot verdere kennisgewing afgelas.

Die lugdiens het egter gesê dat passasiers op “alternatiewe” vlugte geakkommodeer sal word, maar sê egter nie met watter lugdiens die passasiers nou gaan vlieg nie.

“Alle nie-kritieke personeel van SA Express sal gedurende hierdie tyd op verpligte verlof geplaas word,” lui die verklaring.

SA Express het ook gesê dat hy dié tyd gaan gebruik om sy netwerk te hersien én sy bedrywighede meer vaartbelyn te maak.

SA Express is vroeg in Februarie ingevolge ’n hofbevel in sakeredding geplaas. Dit kom twee maande nadat die Suid-Afrikaanse Lugdiens in vrywillige sakeredding geplaas is.

Hoewel albei die lugdienste in staatsbesit is, is hulle afsonderlike ondernemings.

Meer oor:  Sal  |  Suid-Afrikaanse Lugdiens  |  Sa Express  |  Covid-19  |  Lugdienste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.