Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Supersoniese vliegtuie kom terug!
’n Kunstenaarsvoorstelling van Aerion Supersonic se sakestraler.Foto: AERION

Die era van supersoniese vlugte is terug. Die vliegtuigvervaardiger Boeing het ’n vennootskap met Aerion gesluit om ’n nuwegenerasie- supersoniese straler te bou.

Aerion is in Reno in Nevada, Amerika, waar hy baanbrekerswerk doen in die ontwerp van sakestralers wat tot 70% vinniger as bestaande stralers kan vlieg.

Boeing het vandeesweek ’n vennootskap met Aerion in Chicago bekend gemaak, waarin hy ’n onbekende bedrag in Aerion belê het om tegnologie-ontwikkeling en vliegtuigontwerp te versnel.

Boeing sal ingenieurs-, vervaardigings- en toetsvlughulpbronne aan Aerion beskikbaar stel om sy AS2- supersoniese sakestraler na die mark te bring.

Die AS2 is ontwerp om snelhede van mach 1,4 te haal. Dit is teen 1 728 km per uur heelwat vinniger as die spoed van klank.

Spoed van klank
Die spoed van klank is 343 meter per sekonde oftewel 1 234,8 km per uur (mach 1).

Dit sal ’n vlug tussen Amerika en Europa oor die Atlantiese Oseaan met drie uur kan verkort. Die eerste vlug word vir 2023 beplan.

Die belegging in Aerion is gedoen deur Boeing se afdeling Boeing NeXt, wat in strategiese nuwe tegnologie belê.

Concorde

Die Concorde, wat gesamentlik deur Brittanje en Frankryk ontwikkel is, is tussen 1976 en 2003 gebruik en kon teen dubbeld die spoed van klank vlieg, en het plek vir 92 tot 128 passasiers gehad. Vlugte is egter in November 2003 gestaak, drie jaar ná die noodlottige ongeluk van ’n Air France-huurvlug in Julie 2000 met ’n Concorde.

Daar is tans geen supersoniese passasiersvliegtuie in diens nie. Slegs 20 Concorde-vliegtuie is gebou en net Air France en British Airways het die vliegtuie gekoop en gebruik. Ondanks baie hoë bedryfskoste kon die twee lugdienste die Concorde danksy hoë vliegkaartjiepryse winsgewend bedryf.

Volgens Wikipedia het rykes byvoorbeeld in 1997 soveel as $7 995 vir ’n retoerkaartjie tussen New York en Londen betaal. Dit was meer as 30 keer so duur as die goedkoopste beskikbare kaartjie in daardie stadium op dié roete.

Meer oor:  Boeing  |  Lugdienste  |  Vliegtuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.