Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Survé kan glo ‘bewys’ Gordhan is betrokke

Dr. Iqbal Survé sê sy “bewyse” van Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, se betrokkenheid by ’n klopjag op sy beleggingsgroep Sekunjalo is “voldoende”, maar kan nie dadelik bekend gemaak word nie.

PRETORIA, SOUTH AFRICA - APRIL 2: Chairperson of
Iqbal Survé toe hy getuig het voor die kommissie van ondersoek na gebeure by die OBK in Pretoria. Foto: Gallo Images / Phill Magakoe

Survé, voorsitter van Independent Media en hoof van Sekunjalo, het reeds aangedui dat hy die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor (FSCA) gaan hof toe sleep vir ’n “blatante misbruik van mag” tesame met ’n skadevergoedingseis vir die klopjag wat dié owerheid Woensdag op Sekunjalo se kantore in Kaapstad afgelê het.

Boonop beweer Survé dat Gordhan eintlik agter die klopjag sit.

Survé meen die klopjag is ’n onderduimse manier om negatiewe aandag te vestig op die maatskappye

waarby hy betrokke is.

Survé het Woensdag “duistere magte” die skuld gegee vir die klopjag, en beweer dat dit ’n poging was om “inligting te bekom oor . . . Gordhan en die president (Cyril Ramaphosa) wat (sy) verslaggewers die naweek gaan publiseer”.

Intussen het Survé verduidelik dat dit eintlik net Gordhan is wat sy mes vir hom in het, en nie Ramaphosa nie.

In antwoord op vrae van Fin24 wat Vrydag per e-pos gestuur is, het Survé gesê dat hy nooit geïnsinueer het dat Ramaphosa deel van die klopjag was nie.

Hy het egter gesê dat hy “genoegsame bewyse het om aan te toon dat . . . Gordhan verskeie vergaderings gehad het, en met talle mense gesprekke gevoer het, waaronder FSCA-amptenare, wat daarop dui dat hy ’n hand in die saak gehad het”.

Gevra oor watter bewyse hy oor beskik, het hy geantwoord: “Die bewysstukke sal op die regte tyd en in die toepaslike forum aangebied word.”

Toe Survé gevra is oor die oënskynlike verandering in sy gesindheid teenoor die president met betrekking tot die klopjag, nadat hy in die openbaar gesê het dat sy verslaggewers in die Independent-stal van plan is om inligting oor Ramaphosa te publiseer, het Survé gesê dat redakteurs en verslaggewers vir hom gesê het dat hulle “sensitiewe inligting oor verskeie magtige hooggeplaaste politieke figure” het en dit is slegs met hom gedeel as ’n professionele guns.

Gordhan het Survé se bewerings ten sterkste ontken.

Hy sê in ’n verklaring wat uitgereik is deur Malatji-prokureurs, sy regsverteenwoordiger, dat hy niks te doen gehad met die klopjag op die beleggingsgroep Sekunjalo se kantoor nie.

“Wat die Suid-Afrikaanse publiek weet, is dat mnr. Survé en sy sakeondernemings deel was van die Mpati-kommissie van ondersoek,” sê Malatji.

“Die poging om die aandag hiervan af te lei, deur valse en lasterlike bewerings teen minister Gordhan en ander te maak, gaan hom en ander nie help om nie verantwoordelik gehou te word vir moontlike wetsoortredings nie.”

Hoewel die FSCA nie uitgewei het oor die inligting wat hy op die klopjag gesoek het nie, is die klopjag volgens Sekunjalo verwant aan Ayo Technology Solutions, wat in 2017 op die JSE genoteer is. Dit is veral gemik op die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) se R4,3 miljard-belegging in Ayo.

Ayo is ’n filiaal van African Equity Empowerment Investments, wat op sy beurt deur Sekunjalo gehou word.

Die OBK het vroeër vanjaar ’n hofaansoek ingedien om die R4,3 miljard, plus rente, terug te eis wat hy in 2017 in Ayo belê het.

Ayo staan die eis teen.

Fin24, verwerk

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.