Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Survé se Ayo reik eindelik resultate uit
Iqbal SurvéFoto: Gallo Images

Ayo Technology Solutions het uiteindelik sy finansiële resultate vir die jaar tot einde Augustus bekend gemaak.

Dit kom twee dae nadat die JSE vir Ayo en sy sustermaatskappy, African Equity Empowerment Investments (AEEI), gewaarsku het hul notering op die beurs kan opgeskort word as hulle nie hul syfers teen 31 Desember uitreik nie.

Ayo en AEEI val onder die vlerk van dr. Iqbal Survé se Sekunjalo-groep.

Luidens die verklaring wat Ayo Vrydag op die JSE se nuusdiens Sens gepubliseer het, het sy inkomste vir die jaar met 207% tot R1,9 miljard gestyg teenoor ’n jaar tevore.

Sy wins voor belasting het met 74% tot R288 miljoen gestyg terwyl sy verdienste per aandeel met 15% tot 54,29c gestyg het.

Wesensverdienste per aandeel het met 11% tot 53,53c gestyg.

’n Slotdividend van 16c per aandeel is verklaar.

Ayo sê “die beter finansiële prestasie was hoofsaaklik danksy beduidende organiese groei as gevolg van ’n kontrak met ’n multinasionale onderneming wat in Julie 2018 in werking getree het”.

Hy sê die verkryging van Sizwe IT en SGT Solutions het ook die groei ondersteun.

Ayo is die inligtingstegnologiemaatskappy waarin die Openbare Beleggingskorporasie R4,3 miljard belê het.

Dié belegging het onder skerp kritiek deurgeloop omdat Ayo met sy notering in Desember 2017 op R45 verhandel het, maar die aandeelprys het sedertdien tot R5,50 gedaal.

Dit verhandel al sedert 20 November teen dié prys.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.