Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Swak groei in lugverkeer knou ATNS
lugdienste se winsmarges is so klein soos 2% of minder en word geraak deur stygende oliepryse. Foto: Pexels

Die groei in lugverkeer in Suid-Afrika is te traag om die staatsbeheerde lugverkeernavigasiediens, die ATNS, finansieel volhoubaar te hou.

Thabani Mthiyane, uitvoerende hoof van ATNS, het Donderdag in die parlement gesê ATNS kry 90% van sy inkomste uit die tariewe wat lugdienste betaal vir die gebruik van ATNS se navigasiedienste by lughawens.

Maar lugdienste se winsmarges is so klein soos 2% of minder en word geraak deur stygende oliepryse. Dit plaas verdere druk op ander lugvaartdienste soos ATNS.

ATNS het aansoek gedoen vir nuwe tariefverhogings en wag nog op die lugvaartreguleerder om daaroor te besluit.

ATNS verwag gemiddelde jaarlikse saamgestelde groei van lugverkeer in die komende drie jare van onderskeidelik 2,29%, 2,21% en 2,18%, het Mthiyane aan die parlement se portefeuljekomitee oor vervoer gesê.

Dié groei in lugverkeer in Suid-Afrika is volgens Mthiyane bloot nie genoeg om ATNS as ’n onderneming finansieel volhoubaar te hou nie. ATNS ondersoek dus alternatiewe inkomstebronne en om meer buite Suid-Afrika uit te brei.

ATNS mik om in die komende boekjaar R371 miljoen in nuwe tegnologie te belê.

ATNS verwag die gemiddelde tariewe vir die volgende drie jaar sal net meer as 4% wees. Mthiyane het verwys na ander instellings soos Eskom wat vir hoër tariewe aansoek doen, maar minder kry as waarvoor hy vra en dan in finansiële moeilikheid beland.

Volgens hom is ATNS nog nie op daardie vlak nie, maar hy waarsku wel die instelling se finansies gaan in die toekoms onder druk kom.

ATNS se bedryfskoste groei teen 6% tot 7%, en sy bedryfskoste as persentasie van die totale inkomste is byna 95%.

Mthiyane sê ATNS het teen die einde van die vorige boekjaar R1,6 miljard in die bank gehad, maar die geld raak vinnig minder namate in nuwe tegnologie belê word.

ATNS mik om in die komende boekjaar R371 miljoen in nuwe tegnologie te belê.

ATNS, wat in 1992 gestig is, het in 2017 vir die eerste keer ’n gekwalifiseerde ouditmening gekry.

Mthiyane sê dit het as ’n skok gekom en hulle is nie trots daarop nie. Hy het verduidelik dit spruit uit die rekeningkundige hantering van sekere bates, asook onreëlmatige besteding.

Stappe is gedoen om dit nie vanjaar te herhaal nie, en die “ouditeure is reeds op die perseel”.

Nog ’n probleem by ATNS is dat die direksie uit net drie nie-uitvoerende lede bestaan. Dit beteken daar is nie genoeg direkteure om as voorsitters van kritieke komitees soos die oudit- en risikokomitee te dien nie.

ATNS is in gesprek met die minister van vervoer om die direksie te versterk, sê Mthiyane.

Meer oor:  Lugvaart
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.