Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Swart groep bekom baie Spur-aandele
Die Spur Steak Ranch in Piketberg. Spur se stigter het onlangs mense geskok toe hy al sy aandele vir R100 miljoen verkoop het.

Toe Allen Ambor, Spur se stigter en uitvoerende voorsitter, onlangs al sy aandele vir R100,7 miljoen verkoop het, was dit groot nuus en almal het gewonder aan wie hy dit verkoop het.

Grand Parade Investments – ’n swart beleggingsmaatskappy van Kaapstad – het Vrydag aangekondig hy het op 8 Mei 3,09 miljoen gewone aandele teen R32,50 gekoop.

Behalwe vir die aandele het hy ook ’n bykomende 5 miljoen aandele sedert September 2016 in Spur gekoop.

Die aandele is direk gekoop en op die mark deur ’n bestellingsboek wat die erns aandui wat die maatskappy het om aandele in Spur te bekom.

GPI sê hy besit nou deur ’n volfiliaal 17,48% van die uitgereikte aandele van Spur.

“Die verkrygings het ’n geleentheid vir GPI gebied om sy belange in Spur te verhoog. Die verkrygings stem ooreen met GPI se strategie om groei en diversiteit in sy beleggingsportefeulje te kry in ander sektore as die dobbelsektor.”

GPI het Burger King Suid-Afrika toe gebring.

Op 9 Mei is aangekondig Ambor het 3,09 miljoen aandele teen R32,50 vir R100,7 miljoen verkoop.

Pierre van Tonder, uitvoerende hoof van Spur, het in daardie stadium aan Fin24 gesê dit is al Ambor se aandele in Spur.

Ambor is nou in sy middel 70’s. Hy het die eerste Spur-winkel in 1967 geopen.

Van Tonder het toe gesê Ambor is besig om sy portefeulje te diversifiseer.

GPI het in November 2016 sy aandeelhouers in kennis gestel dat die potensiële verkryging van addisionele aandele in Spur nie meer gaan voortgaan nie.

Die direksie van GPI het gesê hy is in kennis gestel dat sekere aandeelhouers nie die voorgestelde transaksie wil ondersteun nie en hy kon dus nie die vereiste aandeelhouersgoedkeuring kry om die transaksie te af te handel nie.

Meer oor:  Burger King  |  Spur  |  Verkryging
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.