Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Swart Vrydag laat Foschini voor draf
Foshini
Foshini se winkel in die East Rand Mall in Kempton Park. Foto: East Rand Mall

The Foschini Group (TFG) het stewige verkope in November en Desember aangeteken, ook danksy die sterk verkope oor die Swart Vrydag-tydperk.

Die genoteerde winkelgroep wat Foschini in sy stal het, se verkope lyk beter as sy mededingers Truworths se verkope wat vroeër die week uitgereik is, asook Mr Price wat ook Vrydag sy syfers uitgereik het.

Truworths se handelsoorsig vir die halfjaar tot einde Desember het getoon sy verkope het, uitgesluit nuwe winkels, met 1% gestyg. As nuwe winkels ingesluit word, was dit 2,7% hoër.

Daarteenoor het TFG in Afrika se klerewinkels, wat grootliks Foschini is, se omset, uitgesluit nuwe winkels, met 4,4% gestyg. As nuwe winkels ingesluit word het verkope met 6,5% gestyg.

Sy klerewinkels, ingesluit Markham en Exact, dra 74% van sy verkope in Suid-Afrika by.

TFG het ook ander winkels soos @Home, Totalsports en Sportscene.

Dié handelsoorsig van TFG is wel vir die nege maande tot einde Desember. Beleggers het louerig daarop reageer en die aandeelprys het net effens gestyg.

Die rekordverkope oor Swart Vrydag het die negatiewe invloed van beurtkrag in Desember versag, lui die handelsoorsig.

Ook die Mr Price-groep het Vrydag verwys na die uitwerking van die fase 6-beurtkrag op sy verkope in Desember.

Mr Price se MRP-klerewinkels het in die derde kwartaal met 3,2% gestyg danksy nuwe winkels en pryse wat verlaag is. Uitgesluit nuwe winkels het dit bykans nie gestyg nie.

Sy aandeelprys het negatief gereageer en aanvanklik met 4% gedaal omdat die syfers wys dat sy verkope vir die volle boekjaar nie aan die verwagtinge van ontleders gaan voldoen nie.

Dit is nie bekend met hoeveel TFG se verkope gelig is danksy prysverhogings nie. In Suid-Afrika het TFG ook stewige verkope by @home ervaar met ’n styging van 7,8%. Uitgesluit nuwe winkels het verkope met 4,4% gestyg.

Daarteenoor het Mr Price Home se verkope met 1,2% gestyg en uitgesluit nuwe winkels met 0,4%.

“Die huiswarewinkels het die uitwerking gevoel van laer groei in huishoudelike besteding, veral op nienoodsaaklike items,” sê Mr Price.

Meer oor:  Foschini Group  |  Klerebedryf  |  Resultate  |  Kleinhandel  |  Klerekleinhandel
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.