Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Swart Vrydag: Staan opsy, Amazon, dié 3 is tops in SA
Die Checkers Hyper by die Mall of Africa op Swart Vrydag. Foto: Argief

Staan opsy, Amazon, Suid-Afrikaners het hul eie gunstelinge op Swart Vrydag, luidens ’n verslag van die webwerf Finder.com.

Die webwerf het onder meer internetsoektogte ontleed. Hiervolgens is Game, Makro en Takealot die winkelgroepe waarna verbruikers in Suid-Afrika die meeste soek in verband met Swart Vrydag.

Hulle word gevolg deur Checkers, Pick n Pay en Shoprite.

Die ontleding toon ook verbruikers soek na winskopies op speletjies, vlugte, meubels en speelgoed.

Heelwat verbruikers soek ook na winskopies van handelsname soos MTN, Vodacom en Telkom. PS4 (PlayStation 4) is een van die gewildste soektogte in sowel Suid-Afrika as oorsee.

Dié soektog na winskopies van die telekommunikasiemaatskappye is egter uniek aan Suid-Afrika, sê Finder.com.

Susannah Binsted, woordvoerder van Finder.com, sê Suid-Afrikaanse verbruikers is meer geneig as dié van ander lande om plaaslike winskopies te soek.

“Nie eens Amazon, wat tweede op die lys vir Swart Vrydag-soektogte internasionaal is, maak dit op die lys van die tien gewildstes in Suid-Afrika nie,” sê sy.

Sowat twee uit vyf Suid-Afrikaanse verbruikers gaan vanjaar inkopies doen op Swart Vrydag. Dit kom neer op sowat 16 miljoen mense, sê Finder.com.

Sowat 39% van Suid-Afrikaanse verbruikers gaan net aanlyn koop. Die meerderheid beplan wel om winkels toe te gaan.

Nie eens Amazon, wat tweede op die lys vir Swart Vrydag-soektogte internasionaal is, maak dit op die lys van die tien gewildstes in Suid-Afrika nie.
Susannah Binsted

As jy skares haat, sal jy nie op Swart Vrydag na ’n winkel wil gaan nie, want ’n kwart van die deelnemers aan Finder.com se peiling sê hulle is bereid om tot drie uur in ’n ry te wag vir ’n winskopie terwyl 12% oornag in ’n ry sal staan.

Gautengers sal eerder aanlyn koop (amper die helfte) terwyl meer in die Wes-Kaap bereid is om in ’n ry te gaan staan.

Die meeste Suid-Afrikaners wat aan die peiling deelgeneem het, glo goeie waarde word op Swart Vrydag gebied.

Maar sowat ’n vyfde van die respondente tussen 45 en 54 jaar is baie skepties oor die promosies en glo kleinhandelaars blaas pryse op voordat hulle afslag daarop aanbied.

In geheel glo 15% van die deelnemers dít is die geval.

Die soektogte vir Swart Vrydag in Suid-Afrika tel onder die top-25 lande internasionaal, maar die volumes het sedert 2017 ’n plato begin bereik.

Die land met die grootste belangstelling in Swart Vrydag is Brasilië. Walmart is die gewildste kleinhandelaar.

Swart Vrydag is vanjaar op 29 November (die laaste Vrydag van November).

Finder.com se wenke vir Swart Vrydag is:

1. Soek vir vroeë winskopies: Swart Vrydag-afslag begin voor die amptelike dag.

2. Vergelyk die opsies: As jy na ’n spesifieke produk soek, vergelyk die pryse en afslag. ’n Groter persentasie afslag beteken nie noodwendig dis die goedkoopste opsie nie.

3. Wees bereid om leë hande weg te stap: Moenie verplig voel om iets te koop omdat jy tyd bestee het om inkopies te doen nie. Nie alles is ’n winskopie nie en die item wat jy wil hê, is dalk uitverkoop.

4. Neem kennis van die maatskappy se beleid as jy iets wil teruggee. Dit is maklik om meegesleur te word en iets te koop wat jy nie regtig nodig het nie.

5. Gebruik die regte kredietkaart sodat jy darem punte kan verdien.

Meer oor:  Amazon  |  Finder.Com  |  Susannah Binsted  |  Swart Vrydag  |  Winskopies
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.