Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sy wil lewe blaas in SEB in finansiële sektor

Die gewysigde kode vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) in die finansiële sektor moet dringend hersien word, sê Pumla Ncapayi, wat onlangs as uitvoerende hoof van die Raad vir Transformasie in die Finansiële Sektor (FSTC) aangestel is.

FSTC
Pumla Ncapayi se topprioriteit is om nuwe lewe te blaas in die Raad vir die Transformasie van die Finansiële Sektor (FSTC). Sy is sedert Desember die uitvoerende hoof van die FSTC. Foto: Verskaf

Die instelling bestaan om toesig te hou oor die transformasie van die sektor.

Die raad moet ’n kernrol speel om die transformasie-agenda van die sektor te dryf in ooreenstemming met die gewysigde kode vir die finansiële sektor wat ingevolge die Wet op Breë Swart Ekonomiese Bemagtiging geskryf is.

Die kode is in Desember 2017 ná ’n konsultasieproses in die Staatskoerant afgekondig.

Die raad is verplig om die kode van tyd tot tyd te hersien en te wysig.

“Die hersiening van die kode het lank agterweë gebly en word dus dringend gedoen,” sê Ncapayi.

Sy het in Desember 2020 haar vorige pos as hoof van die Gautengse departement van ekonomiese ontwikkeling vir die private sektor verruil.

Haar belangrikste prioriteit is om oor die stand van transformasie in die finansiële sektor van 2018 tot 2020 verslag te doen.

“Die doel is om ’n gebruikersvriendelike verslag aan belanghebbendes voor te lê wat die transformasieprestasies sowel as die tekortkominge soos gemeet teen die gewysigde kode uiteensit.”

Wie dien op die raad?
Die FSTC bestaan uit verteenwoordigers van georganiseerde arbeid, die gemeenskap, die regering en die sakesektor soos deur bedryfsverenigings verteenwoordig.

Ncapayi sê die verslag oor die sektor se transformasie, tesame met die bevindings in die verslag van die kommissie vir breë SEB oor die nasionale stand en tendense met bemagtiging in 2020, sal ’n maatstaf vir die hersiening van die kode wees.

Die hersiening sal ’n evaluering van alle elemente van die kode – bemagtiging, eienaarskap, die finansiering van swart ondernemings se groei, en verkryging – insluit.

Sedert sy as uitvoerende hoof oorgeneem het, het Ncapayi daarop gefokus om die raad beter in te rig om aan sy mandaat te voldoen om strategiese leiding te gee aan die finansiële sektor oor transformasie- en ontwikkelingsinisiatiewe wat ekonomiese groei en werkskepping kan ondersteun.

Die inisiatiewe sluit in:

• Die finansiering en ontwikkeling van swart ondernemings in die algemeen en swart nyweraars in die besonder;

• Ondersteuning aan klein swart ondernemings deur ondernemings- en verskaffersontwikkeling en voorkeurverkryging;

• Openbare-private-vennootskapsprojekte (PPP) om hoëronderwys te finansier; en

• Verhoog finansiële insluiting en die finansiële geletterdheidsvlakke van verbruikers.


MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.