Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sygnia kry nog ’n baas
Magda Wierzycka, mede-uitvoerende hoof van Sygnia.

David Hufton is aangestel as die nuwe mede-uitvoerende hoof van die batebestuursfirma Sygnia.

Sy aanstelling is onmiddellik van krag, het die maatskappy Vrydag aangekondig.

Hufton sal die maatskappy saam met Magda Wierzycka, tot nou toe die enigste uitvoerende hoof van Sygnia, bestuur.

Wierzycka en Hufton sal verskillende “strategiese inisiatiewe” en bedryfsverantwoordelikhede hanteer.

Hufton sal ook sake vanaf Brittanje hanteer terwyl Wierzycka na Suid-Afrikaanse bedrywighede sal omsien.

Hufton was tot dusver onderhoof van Sygnia en was voorheen by Alexander Forbes.

Sygnia se aandeelprys was Vrydag byna 2,5% hoër op R8,25.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.