Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sygnia noteer ook op A2X
Magda Wierzycka

Die batebestuursmaatskappy Sygnia se aandele begin op 13 September ook op die A2X verhandel.

Dit sal die 11de maatskappy wees wat op dié aandelebeurs, een van die nuwe mededingers van die JSE, noteer.

“Sygnia is bekend as ’n innoverende en entrepreneuriese maatskappy en sy vermoë om die status quo uit te daag en sake op ’n kostedoeltreffende wyse te doen, vind aanklank by ons,” sê Kevin Brady, uitvoerende hoof van die A2X, in ’n verklaring.

Sygnia sal sy primêre notering op die JSE behou en sal geen nuwe aandele uitreik wat met sy sekondêre notering op A2X verband hou nie, lui die verklaring.

Op haar beurt sê Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia, dat die maatskappy ten gunste van mededinging, die omverwerping van bestaande sake en beste praktyk in Suid-Afrika se kapitaalmarkte is.

“Internasionale ondervinding het getoon hoe mededinging ’n doeltreffender bedryf help ontwikkel,” sê Wierzycka.

“Dit is uiteindelik die verbruikers wat hieruit voordeel trek en die algehele groei van die mark word só bevoordeel.”

A2X maak daarop aanspraak dat sy algehele transaksiekoste die helfte minder is as die heersende koste in Suid-Afrika.

Wierzycka het vroeër vanjaar op die JSE se jaarvergadering die JSE gekritiseer vir wat sy “twyfelagtige” noterings genoem het en gesê die instelling doen nie genoeg om beleggers teen verliese te beskerm nie.

Meer oor:  Sygnia  |  Magda Wierzycka  |  Maatskappye  |  Notering
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.