Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sygnia stel nuwe ouditeur aan
Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van die batebestuurder Sygnia. Foto: Verskaf

Sygnia het Mazars “met onmiddellike effek” as sy nuwe eksterne ouditeur aangewys, lui ’n Sens-verklaring.

Dit kom nadat Deloitte begin Junie as die batebestuursfirma se ouditeur bedank het.

Die JSE is besig met ’n ondersoek nadat Sygnia middel Junie in ’n Sens-verklaring gesê het sy direksie het Deloitte ingelig dat hy afgedank gaan word, waarna Deloitte self bedank het.

Deloitte het toe gesê hy verskil van Sygnia se weergawe van die waarheid.

Die JSE ondersoek nou waar die waarheid lê.

Sygnia en Deloitte het albei Donderdagmiddag gesê hulle het nog geen terugvoering van die JSE gekry nie.

Die JSE self het nog nie op navrae gereageer nie.

John Burke, die JSE se direkteur van uitreiker-regulering, het gesê die JSE moet vasstel of enige van die twee partye vir aandeelhouers gejok het en of daar nie-voldoening aan enige aspek van die Wet op Finansiële Markte was. Na gelang van wat bevind word, kan Sygnia ’n sanksie (gewoonlik net ’n openbare aankondiging) of ’n boete opgelê word.

Burke het gesê hulle kan nie sê hoe lank die ondersoek gaan duur nie.

Sygnia was einde 2017 die eerste maatskappy wat KPMG as sy eksterne ouditeur afgedank het weens ouditeure van dié maatskappy se betrokkenheid by staatskaping.

Sygnia het Deloitte as ’n “reputasierisiko” beskryf in die lig van Deloitte se rol as die ouditeur van Tongaat Hulett. PwC doen tans ’n forensiese ondersoek na die suikermaatskappy se boeke in wat as potensieel ’n tweede Steinhoff beskryf word.

Meer oor:  Deloitte  |  Sygnia  |  Kpmg  |  Mazars  |  Ouditeure  |  Ouditbedryf  |  Ouditeurs  |  Batebestuursfirmas
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.