Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Sygnia verwag skerp styging in wins
Wierzycka
Magda Wierzycka, uitvoerende hoof van Sygnia.

Sygnia het die storm op finansiële markte oënskynlik goed getrotseer.

Die groep het Woensdag in ’n handelsverklaring op Sens gesê sy verdienste per aandeel vir die ses maande tot einde Maart gaan tussen 95% en 115% hoër as ’n jaar gelede wees. Sy wesensverdienste per aandeel gaan ook met tussen 86% en 105% styg.

Geen redes word vir die skerp styging gegee nie. Die groep sê ook nog nie of sy bates onder bestuur gestyg het en hoe sy portefeuljes gevaar het nie.

Die firma, waarvan Magda Wierzycka die mede- uitvoerende hoof is, reik op 10 Junie sy halfjaarresultate uit.

In die ses maande tot einde Maart het die JSE se indeks van alle aandele met byna 18% gedaal.

Coronation het Dinsdag bekend gemaak dat sy inkomste en wesensverdienste per aandeel vir dieselfde tydperk albei met 8% gestyg het, selfs al het sy bates onder bestuur gedaal.

Meer oor:  Sygnia  |  Magda Wierzycka  |  Beleggings  |  Resultate  |  Ekonomie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.