Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tabakgroep wil 300 poste in SA sny

British American Tobacco South Africa (Batsa) het met konsultasie met personeel begin om 300 poste af te skaf.

British American Tobacco (BAT) voer aan sy verkope het sedert 2012 met 30% in Suid-Afrika gedaal en daarom is afleggings nou onvermydelik.

Die konsultasie handel oor vrywillige skeidingspakkette wat aan 300 mense gebied sal word.

Batsa het die handel in onwettige sigarette die afgelope jare die skuld gegee vir die drastiese stap wat geneem moet word.

Omtrent die helfte van die sigarette wat in Suid-Afrika verkoop word, is onwettig.

Die maatskappy voer aan sy verkope het sedert 2012 met 30% gedaal en daarom is die afleggings nou onvermydelik.

Johnny Moloto, hoof van eksterne sake, het gesê die stap wat die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) onlangs geneem het om die eenheid wat op onwettige aktiwiteit in die ekonomie fokus terug te bring, is bemoedigend.

“Maar die omvang van die onwettige handel wat hulle moet aanpak, is so massief dat dit ’n verskerpte en volgehoue poging sal vereis om ’n betekenisvolle impak te hê, belastinginkomste te herstel en verdere werksverliese te voorkom.”

Volgens hom het die onlangse stappe wat die belastingowerheid geneem het wel gehelp om poste te red.

Batsa het tans 1379 mense wat vir hom werk in Suid-Afrika. 

Meer oor:  British American Tobacco  |  Afleggings  |  Tabak  |  Poste
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.