Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Taste se naam verander selfs gouer

Die voormalige restaurantgroep Taste verander reeds op 24 Julie sy naam na Luxe, en nie op 29 Julie soos twee weke gelede aangekondig is nie.

Arthur Kaplan, Taste
Arthur Kaplan is een van Taste se juwelierswarewinkels.

Dis danksy die feit dat die resolusies oor die naamsverandering gouer deur die Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC) geregistreer is as wat verwag is. Al die aandeelhouers op die maatskappy se jaarvergadering het die resolusie op 26 Junie goedgekeur.

Taste, ’n maatskappy wat 20 jaar gelede sy oorsprong gehad het in ’n enkele pizzaplek in Westville, Durban, verander sy naam omdat Taste deesdae glad nie meer restaurante het nie, slegs winkels wat juweliersware en horlosies verkoop, naamlik NWJ, Arthur Kaplan en World’s Finest Watches.

Taste het die afgelope paar jaar sy vingers verbrand toe hy die Amerikaanse handelsname Domino’s Pizza en Starbucks in Suid-Afrika wou vestig. Die koste om dié restaurante oop te maak volgens die voorwaardes van die meesterlisensie, het die groep diep in die skuld laat beland.

In die proses het pizzaplekke soos St. Elmo’s en Scooters ook gesneuwel omdat takke van dié restaurante in Domino’s verander is.

Taste kon daarin slaag om sy 13 Starbucks-takke en die franchise-lisensie vir Maxi’s en The Fish & Chip Co. te verkoop, maar moes Domino’s laat likwideer. Nagenoeg 770 mense het hul werk verloor toe 55 takke gesluit is.

Luidens ’n Sens-verklaring wat Woensdag uitgereik is, sal die laaste verhandelingsdag as Taste op die JSE 21 Julie wees en die eerste as Luxe op 22 Julie. Die opgawedatum vir die naamsverandering is egter 24 Julie.

Taste het in die 2018-boekjaar ’n bedryfsverlies van R194 miljoen gely, in 2019 R261 miljoen en in die eerste helfte van sy 2020-boekjaar R74 miljoen. Hy het, soos talle ander maatskappye, uitstel gekry vir die uitreiking van sy 2020-voljaarsyfers weens die Covid-19-krisis. Die resultate vir die boekjaar tot einde Februarie word in Augustus verwag.

Meer oor:  Starbucks  |  Taste  |  Juweliersware  |  Restaurante  |  Pizza  |  Horlosies  |  Kitskos
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.