Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tencent tel kop op ná goeie kwartaalverslag
Tencent is ’n Chinese tegnologiemaatskappy.Foto: Reuters

Ná ’n wankelrige begin van die week het Tencent se aandeelprys Woensdag herstel met die bekendmaking van sy kwartaalresultate.

Die Chinese tegnologiereus het ’n toename van 61% in netto wins en 48% in inkomste vir die eerste drie maande van die jaar aangekondig.

Sy aandeelprys op die Hongkongse beurs het met 7% gestyg, die grootste intradag-styging in twee jaar, berig Bloomberg.

Die maatskappy se goeie verdienste het ontleders se verwagting met tot ’n derde geklop. Kort voor die aankondiging het kommer dat Tencent se wins besig is om te taan, $17 miljard in markwaarde uitgewis toe die maatskappy se aandeelprys met 3,4% tot onder HK$400 gedaal het.

Donderdagoggend was die aandeelprys net onder HK$415. Donderdag se styging verteenwoordig om en by ’n styging van $30 miljard in markwaarde vir Tencent, ’n beduidende druppel aan die emmer van die $90 miljard wat die maatskappy sedert Januarie in markwaarde verloor het.

Tencent se aandeelprys wissel die afgelope paar maande nadat dit Facebook in Januarie kortstondig as die wêreld se vyfde waardevolste maatskappy verbygesteek het. Tencent se aandeelprys het toe ’n rekord van HK$467,60 behaal voordat dit weer begin daal het tot ’n laagtepunt van HK$380 op 8 Mei, waarmee $117 miljard in markwaarde uitgewis is.

Volgens sy jongste kwartaalverslag verdien Tencent die grootste deel van sy inkomste uit sy afdeling vir speletjies, terwyl advertensies en betalings sy kletsplatform WeChat aan die lewe hou.

WeChat het vir die eerste keer meer as ’n miljard maandelikse gebruikers bereik, maar QQ, Tencent se sosiale netwerk, het 6,4% van sy gebruikers verloor tot 805 miljoen.

Naspers, wat ’n beduidende belang in Tencent besit, se aandeelprys het omstreeks 11:00 met 1,7% tot R3 203,88 op die JSE geval.

Bronne: Reuters, Bloomberg

* Netwerk24 is in die Naspers-stal.

Meer oor:  Wechat  |  Naspers  |  Tencent  |  Aandeelprys  |  Kwartaalverslag  |  Wins
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.