Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tesla boer weer agteruit

Ná twee kwartale waarin Tesla vir die eerste keer tot dusver ’n wins getoon het, het dié vervaardiger van elektriese motors die afgelope kwartaal weer in die hek geduik.

Tesla
Tesla sukkel om winsgewend te bly. Foto: Unsplash

Luidens die maatskappy se jongste kwartaalverslag tot einde Maart beloop sy verlies nou meer as $700 miljoen.

Die rede daarvoor blyk glo “onvoorsiene uitdagings” met die aflewering van sy nuwe Model 3 te wees.

“Weens onvoorsiene uitdagings kon ons net die helfte van die getal motors voor die einde van die kwartaal aflewer as wat ons wou,” sê Tesla in ’n verklaring.

Die gevolg is dat talle van hierdie bestellings nou by die tweede kwartaal gevoeg word, hoewel dit in die eerste kwartaal bestel is.

Volgens die maatskappy het hy in die afgelope drie maande 63 000 Model 3-voertuie suksesvol afgelewer. Dit is 3% meer as in die vorige kwartaal, maar steeds minder as waarop gehoop is.

Elon Musk, Tesla se uitvoerende hoof, probeer steeds beleggers oortuig die vraag na die Model 3 is “ontsettend hoog” en die maatskappy sal sy produksieprobleme kan oplos om in die vraag te voorsien.

Tesla het tans $2,2 miljard in die bank, $1,5 miljard minder as aan die einde van 2018.

Die maatskappy se aandeelprys het Woensdag in nauurse verhandeling met byna 2% teruggesak.

Meer oor:  Tesla  |  Elektriese Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.