Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tesla nou meer werd as selfs Volkswagen

Tesla het Volkswagen vandeesweek verbygesteek en is nou die motorvervaardiger wat die tweede meeste werd is.

Elon Musk, hoofbestuurder van Tesla en SpaceX. Foto: AP

Sy aandeelprys het in drie maande meer as verdubbel en sy markkapitalisasie het Woensdag die $100 miljard-kerf verbygesteek.

Die styging in sy aandeelprys is te danke aan ’n verrassende wins in die derde kwartaal van 2019; meer motors wat in die vierde kwartaal afgelewer is as wat aanvanklik geraam is; en vordering met sy fabriek in China.

Tesla probeer om van ’n nisvervaardiger te verander in ’n rolspeler in die wêreldmark.

Tesla Ing., wat deur die Suid-Afrikaans gebore Elon Musk gestig is, het onlangs Honda, BMW, General Motors en Daimler verbygeskiet tot in die derde plek. Volkswagen, wat R99,4 miljard werd is, was sy volgende slagoffer, maar Toyota is steeds bo met ’n waarde van $233 miljard.

’n Opdraande stryd lê nog voor met verkope. Hy sal in die volgende 12 maande na verwagting sowat $31 miljard se verkope hê teenoor Toyota se $276 miljard en Volkswagen se $283 miljard. – Reuters

Meer oor:  Tesla  |  Volkswagen  |  Aandeelprys
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.