Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tesourie kom op vir SAL-geheimhouding
JB Magwaza, voorsitter van die SAL, het vroeër gekla die SAL moet telkens in die openbaar oor sy bedryfsake by die parlement verslag doen, terwyl mededingers dit nie hoef te doen nie.

Die tesourie het besluit om die Suid-Afrikaanse Lugdiens (SAL) se aanbieding oor sy vierde kwartaal van die boekjaar oop te stel vir die publiek.

Die parlement se staande komitee oor finansies het Woensdagoggend vasgeval omdat die komitee nie kon ooreenkom of daar ’n amptelike besluit was om die vergadering met geslote deure te hou nie.

Die tesourie het beklemtoon die SAL se kommersiële strategieë moet beskerm word. “Ons is bemoedig deur die komitee se voorneme om sommige van die SAL-verslae privaat te bespreek.

“Deur van die besprekings in komitee te hou, sal dit parlementslede in staat stel om diepgaande met die SAL se leierskap te skakel terwyl sy kommersiële strategieë beskerm word,” lui die tesourie se verklaring.

JB Magwaza, voorsitter van die SAL, het vroeër gekla die SAL moet telkens in die openbaar oor sy bedryfsake by die parlement verslag doen, terwyl mededingers dit nie hoef te doen nie.

Die staatsbeheerde SAL sukkel die afgelope vyf jaar om wins te maak, terwyl minstens een van sy private mededingers, Comair, op die JSE genoteer is en halfjaarliks in die openbaar verslag moet doen aan sy aandeelhouers. Die private lugdienste het egter nie soos die SAL toegang tot die staatskas vir kontantinspuitings en staatswaarborge nie.

Die tesourie sê die SAL doen sake in ’n hoogs mededingende bedryf, en “sy plig om aan parlementêre komitees verslag te doen, moet gebalanseer word met die beskerming van die vertroulikheid van sy kommersiële strategieë”.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.