Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
TFG se aanlyn verkope skiet die hoogte in
Die Foschini-groep se aanlyn verkope het gedurende die staat van inperking die hoogte ingeskiet. Foto: Argief

Danksy die staat van inperking, het aanlyn verkope by die Foschini-groep (TFG) die hoogte ingeskiet.

Die groep sê Maandag in ’n verklaring op die JSE se nuusdiens Sens dat die omset wat hy via e-handel verdien het, was in die drie maande tot 27 Junie 109,8% hoër as ’n jaar gelede.

TFG besit winkels soos Foschini, @Home, Markham, TotalSports en SportScene.

TFG gee egter geen spesifieke bedrae in sy nuutste handelsverklaring nie.

“Gegewe die getal winkelsluitings in verskillende periodes gedurende die drie maande tot einde 27 Junie, word ’n vergelykbare kleinhandelsomsetsyfer vir die periode nie as betekenisvol beskou nie,” lui die verklaring.

Die maatskappy sê wel, dat ondanks die groei in aanlyn verkope, het sy gekonsolideerde kontant kleinhandelomset in die tyd met 43% gedaal.

Suid-Afrika

TFG sê hoewel van sy winkels op 1 Mei hul deure oopgemaak het, kon hy eers weer al die winkels in die groep van 1 Junie weer in bedryf stel.

In Mei, die eerste maand nadat alle klerewinkels gesluit was weens die staat van inperking, het TFG Afrika (Suid-Afrika en ander Afrika-lande) se verkope met 0,6% gestyg teenoor ’n jaar tevore.

Dit was ondanks die feit dat 447 van die groep se juwelierswinkels gesluit was.

Die groep sê dit is egter duidelik dat verbruikers steeds onder groot druk is, gesien dat verkope in Junie weer met 13,8% gedaal het teenoor ’n jaar tevore.

Foschini sê dit was opmerklik dat daar baie minder mense is wat winkels besoek.

Wat krediet betref, sê TFG net dat hy gedurende die drie maande tot 27 Junie “minder” skuld ingesamel het as ’n jaar gelede.

Hy sê hy is ook strenger oor aan wie hy krediet goedkeur.

Kredietaankope het in die drie maande onder oorsig met 47,2% gedaal.

TFG sê dat in Mei, soos wat kliënte weer winkels kon besoek, en soos wat hulle meer vertroud geraak het met aanlyn platforms, het baie van hulle weer hul skuld begin betaal.

Brittanje

In Brittanje het omset gedurende die drie maande met 68,5% gedaal.

Brittanje was van 23 Maart af in ’n staat van inperking, maar aanlyn verkope is nie geraak nie.

TFG sê sy winkels in Brittanje kon van 15 Junie weer hul deure oopmaak.

Hy sê daar was – veral in sentrale Londen – beduidend minder mense wat winkels besoek het.

Aanlyn verkope het egter ook goed gevaar, en is 2,4% hoër vir die drie maande as wat dit ’n jaar gelede was.

Australië

In Australië het die omset in die drie maande met 42,4% gedaal.

Die maatskappy het al sy winkels in Australië op 27 Maart gesluit in ooreenstemming met inperkings en regulasies.

TFG sê wat in dié land ’n uitdaging is, is dat verskillende vlakke van inperking in verskillende state geld.

Aanlyn verkope is toegelaat en was bo verwagting.

TFG sê aanlyn verkope het in die drie maande met 74% gestyg.

Meer oor:  Tfg  |  Foschini  |  Inperking
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.