Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Thomas Cook vou: Kans vir Amazon, Booking.com

Byna ’n miljoen Britse reisigers is gestrand gelaat nadat die reisagentskap Thomas Cook Maandag aansoek gedoen het om verpligte likwidasie.

Travel giant Thomas Cook has ceased trading after
Die reisagentskap Thomas Cook het sy deure Maandag toegemaak. Foto: AP

Daarby is meer as 21 000 mense letterlik oornag werkloos gelaat.

Alle vlugte en besprekings deur die agentskap is eensklaps gekanselleer, berig Bloomberg.

CNN berig mense het Maandag letterlik by lughawens opgedaag om uit te vind hul vlug is gekanselleer.

Derduisende mense is boonop nou by vakansiebestemmings gestrand en moet oor die volgende twee weke teruggevlieg word. Brittanje se burgerlike lugvaartowerheid gaan help om hulle terug te kry in hul tuisland.

Ander lugdienste het reeds aangedui dat hulle sal help met dié poging.

Die administrateurs gaan nou bates verkoop om krediteure te betaal aan wie Thomas Cook nagenoeg £1,9 miljard skuld.

Aandeelhouers gaan geen geld terugkry nie en daar word verwag dat krediteure net ’n fraksie gaan terugkry van die geld wat hulle geleen het.

Thomas Cook is nou al ’n paar jaar lank in die moeilikheid. Onderhandelinge met Fosun Tourism Group waardeur skuld vir aandele verruil sou word, het misluk en aanleiding gegee tot die likwidasie-aansoek. Die Britse regering het besluit om nié die onderneming met belastingbetalers te probeer red nie.

Caroline Bremner, navorser oor die reisbedryf van Euromonitor International, sê Thomas Cook was die derde grootste reisagentskap in Wes-Europa, met ’n markaandeel van 5,9% in Europa en van 16% net in Brittanje.

Dit bestaan sedert 1841.

Bremner reken agentskappe soos TUI en Jet2 Holidays en aanlyn reisagentskappe soos Booking.com en Expedia sal die gaping in die mark betree. “Ons kan dalk selfs sien dat Amazon die mark herbetree met sy besprekingswebwerf vir goedkoop vlugte, soos wat hy onlangs in Indië bekend gestel het.

“Een ding is vir seker, die ineenstorting van Thomas Cook laat ’n enorme gaping in die reisbedryf-landskap.”

Brittanje se vakbond vir lugdiensvlieëniers, Balpa, het in ’n verklaring gesê dis “verwerplik” hoe werknemers behandel is.

Meer oor:  Thomas Cook  |  Reis  |  Lugdienste  |  Toerisme  |  Toerismebedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.