Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiger Brands maan oor verdienste
Tiger Brands verwag 'n daling van meer as 20% in verdienste in sy boekjaar tot einde September.

Die gediversifiseerde voedselgroep Tiger Brands stoei nog met die nadraai van die uitbreking van listeriose.

Hy verwag sy wesensverdienste per aandeel vir die boekjaar tot einde September sal tussen 25% en 30% laer wees as die R21,61 wat ’n jaar gelede aangeteken is. Dit sluit Haco Tiger Brands in, wat in Desember 2017 verkoop is.

Die verdienste per aandeel van totale bedrywighede wat Haco insluit sal tussen R4,21 en R5,17 oftewel tussen 22% en 27% laer wees as die R19,15 wat ’n jaar gelede aangeteken is, het Tiger Brands Vrydag op die JSE se Sens-nuusdiens aangekondig.

Die verdienste per aandeel van voortgesette bedrywighede (wat Haco uitsluit) sal na verwagting tussen R3,70 en R4,62 of tussen 20% en 25% laer wees as ’n jaar gelede se R18,48.

Een van Tiger Brands se fabrieke in Polokwane waar die dodelike listeriose ontdek is, is nog gesluit, maar sy kouevleisfabriek in Germiston is in Oktober heropen. Sy Enterprise-fabriek vir geblikte vleis in Polokwane het ook in September weer met produksie begin.

Tiger Brands se aandeelprys op die JSE het Vrydagoggend met 1,68% tot R275,39 gedaal.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Maatskappyresultate  |  Listeriose
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.