Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiger Brands wil omstrede vleisafdeling verkoop
Tiger Brands wil sy vleisafdeling verkoop. Foto: Pixabay

Tiger Brands wil nou sy ganse vleisafdeling verkoop, waaronder die beleërde Enterprise-handelsnaam wat in 2018 hard deur die listeriose-krisis geslaan is.

Dié kosgroep het Vrydag in ’n Sens-verklaring gesê ná ’n hersieningsproses van die vleisafdeling “pas dit nie goed by ons portefeulje in nie”.

Die verkoop van die hele afdeling, wat ook Mieliekip, Renown, Bokkie en Top One insluit, word nou oorweeg.

Die direksie het op 6 November amptelik met die omsigtigheidsondersoek na die verkoopsproses begin “nadat verskeie noemenswaardige aanbiedings reeds ontvang is”.

Meer as 200 mense het in 2017 en 2018 in Suid-Afrika weens die listeriose-uitbreking gesterf, wat volgens die Wêreldgesondheidsorganisasie die grootste ter wêreld is.

Tiger Brands se Enterprise-aanleg in Polokwane, Limpopo, is in Maart 2018 as die hoofbron van die uitbreking geïdentifiseer.

Die maatskappy het op 13 Augustus 2018 amptelik skuld ontken vir die uitbreking, en meer as 600 eisers het sedertdien tot ’n groepgeding teen Tiger Brands vir onder meer skadevergoeding toegetree.

Litigasie word binne die volgende jaar verwag.

Tiger Brands het in sy verklaring gesê dat die verkoop van sy vleisafdeling egter “op geen manier” sy toewyding tot die proses van die groepsgeding sal raak nie.

Die eise bestaan uit drie dele; skade ingevolge die Verbruikerswet (met ’n alternatiewe eis van aanspreeklikheid vir ’n onregmatige daad), bestraffende skadevergoeding en grondwetlike skadevergoeding.

Tiger Brands se versekeraar tree namens hom op. Die maatskappy het voorheen in ’n verklaring gesê hy beskik oor dekking vir eise, sou die maatskappy vir die gebeure aanspreeklik gehou word.

Dit sluit egter eise vir bestraffende skadevergoeding en grondwetlike skade uit.

Die eisers voer aan dat die Verbruikerswet oortree is en dat dit tot siekte, dood en ekonomiese verliese gelei het.

Tiger Brands se aandeelprys was Vrydagoggend 5% hoër op R23,26.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Polonie  |  Kos  |  Listeriose  |  Voedselgroep  |  Resultate
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.