Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiger maak weer polonie in Polokwane
Dit was veral polonie wat met die ST6-bakterie besmet was. Foto: Verskaf

Tiger Brands hoop die polonies en Weense worsies gaan weer flink van die rakke vlieg noudat sy Enterprise Foods-fabriek in Polokwane weer in bedryf is.

Dit is een van die aanlegte waar die dodelike siekte listeriose verlede jaar uitgebreek en tot die dood van talle Suid-Afrikaners gelei het.

Tiger Brands het Donderdag aangekondig hy het pas die sertifikaat van aanvaarbaarheid vir die Polokwane-aanleg van die Capricorn-munisipaliteit ontvang ná streng toetse. Dit gee Tiger Brands die reg om produksie te hervat.

Dit kom nadat sy aanleg in Germiston in Gauteng reeds in Oktober die produksie van spek en varkworsies hervat het.

Lawrence MacDougall, uitvoerende hoof van Tiger Brands, sê daar is ook nou duideliker riglyne oor voedselveiligheidstandaarde vir die produksie van verkoelde en verwerkte eetgereed-vleisprodukte. Die departement van gesondheid het die bedryf verwys na die sogenaamde Codex-standaard wat bepaal dat daar by voltooide eetgereedprodukte wat nie die groei van bakterieë bevorder nie, geen listeria mag wees by die fabriek sowel as by die verkooppunt nie, het MacDougall in ’n verklaring Donderdagaand gesê.

Enterprise Foods het ’n ekstra stelsel ingebring wat deursigtigheid bied aan verbruikers oor die hele produksieketting – van die plaas tot op die winkelrak.

Die bedryf het volgens hom ook ingestem tot die verpligte ingebruikneming van die Hazard Analysis and Critical Control Points (HACCP) protokol. Dit is ’n internasionaal-erkende bestuursprogram vir voedselveiligheid.

Enterprise Foods het ’n ekstra stelsel ingebring wat deursigtigheid bied aan verbruikers oor die hele produksieketting – van die plaas tot op die winkelrak. Die inligting daaroor sal op produkte se etikette verskyn asook op Enterprise se webruimte.

Tiger Brands werk selfs saam met die regspan van die mense wat ’n groepseis teen die maatskappy wil instel, en sal help finansier aan ’n kommunikasieveldtog om moontlike eisers oor hul regte in die groepseis in te lig, sê MacDougall.

Hy weet nog nie wat Tiger moontlik sal moet opdok in die eis teen hom nie. Die regsproses van die groepseis sal eers sy beloop moet neem.

Tiger Brands se aandeelprys was Donderdag 0,46% laer op R271.

Meer oor:  Tiger Brands  |  Enterprise  |  Lawrence Macdougall  |  Listeriose  |  Polonie  |  Voedsel  |  Groepseis
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.