Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiso Blackstar ly groot verlies in ‘moeilike jaar’
Business Day en Sunday Times behoort aan Lebashe. Foto: Elvira Wood

Ondanks ’n verlaging van 6,5% in sy skuld, het die mediagroep Tiso Blackstar ’n beduidend swak jaar beleef.

Die maatskappy het Maandagmiddag laat sy voorlopige resultate vir die boekjaar tot einde Junie uitgereik.

Daarvolgens het sy inkomste uit voortgesette bedrywe met 22,8% tot R2,3 miljard gedaal.

Die wesensverlies per aandeel het met meer as 160% tot R0,76 per aandeel toegeneem.

Die groep se totale verliese beloop R548 miljoen; 44,6% meer as ’n jaar gelede.

“Die groep het ’n moeilike boekjaar agter die rug,” gee die maatskappy toe in ’n oorsig van sy resultate.

Tiso Blackstar besit onder meer Sunday Times, Business Day, Financial Mail en Sowetan.

Die Mededingingskommissie het onlangs toestemming gegee dat hierdie en ander publikasies in sy stal aan Lebashe Investment verkoop mag word.

Die kontant en skuld wat hierdie publikasies nog oorhou, is nie in die groep se resultate verreken nie.

Tiso Blackstar het in die jaar onder oorsig wel sy belegging in Robor, ’n staalpypvervaardiger, afgeskryf en in die proses R133,6 miljoen verloor. Robor het op 2 Oktober aangekondig dat hy sy deure sluit. Tiso het ’n belang van 48% in die maatskappy besit.

Hirt & Carter, Tiso Blackstar se onderneming vir adverteerders en bemarkers, bly wel ’n ligpunt en het ’n toename van 17,5% in sy inkomste gesien.

Tiso Blackstar was Maandag teen marksluiting 2,9% hoër op R3,60 per aandeel.

Meer oor:  Lebashe  |  Tiso Blackstar  |  Maatskappye  |  Mediagroep  |  Verlies  |  Media
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.