Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiso Blackstar waarsku oor swak resultate wat kom

Die mediagroep Tiso Blackstar verwag ’n enorme daling in sy wesensverdienste per aandeel wanneer sy resultate uiteindelik einde Oktober bekend gemaak word.

Business Day en Sunday Times behoort aan Lebashe. Foto: Elvira Wood

Hy het Dinsdag in ’n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens, gesê hy verwag dat sy wesensverdienste per aandeel in die boekjaar tot einde Junie tussen 59,6% en 71,6% laer sal wees as in die vorige boekjaar.

Dit beteken sy wesensverlies per aandeel sal na verwagting op tussen R0,46 en R0,50 te staan kom.

Die verlies per aandeel sal tussen R2,04 en R2,21 wees, sowat 43% tot 55% laer as verlede jaar.

Tiso Blackstar besit onder meer Sunday Times, Business Day, Financial Mail en Sowetan. Die Mededingingskommissie het onlangs toestemming gegee dat hierdie en ander publikasies in sy stal aan Lebashe Investment verkoop mag word.

Hierdie transaksie is in September voorgehou as die rede waarom Tiso Blackstar se resultate vir die afgelope boekjaar laat uitgereik gaan word.

Die mediagroep sê sy resultate het eintlik heel stabiel gebly in die afgelope boekjaar. Hy sê ten spyte van sterk wind van voor weens die treurige ekonomie het hy die onstuimigheid goed getrotseer.

Die verwagte verlies per aandeel is eerder “toeskryfbaar aan eenmalige uitgawes wat niks te doen het met die maatskappy se bedryfsprestasie nie”.

Die eenmalige uitgawes is:

  • Die afskryf van die groep se belang in lenings aan Robor, ’n staalpypvervaardiger waarin Tiso Blackstar ’n 48% belang het. Robor het op 2 Oktober aangekondig dat hy sy deure sluit.
  • Waardeverminderings om gestaakte bedrywighede in hoofsaaklik Afrika teen billike waarde minus koste te verkoop.
  • Aanpassings weens die groep se verkryging van ’n belang in Bothma Branding Solutions.
  • Die koste verbonde aan die hervestiging van die Hirt & Carter-onderneming na een enkele perseel.

Tiso Blackstar verwag nou om sy voorlopige resultate omstreeks 21 Oktober uit te reik en die geouditeerde finansiële jaarstate op 31 Oktober.

Die JSE vereis dat ’n maatskappy binne drie maande van sy jaareinde sy jaarstate moet uitreik – dus moes Tiso

Blackstar dit eintlik teen einde September reeds uitgereik het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.