Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tiso Blackstar wil van AltX skuif na hoofbord

Die AltX-genoteerde mediamaatskappy Tiso Blackstar het goedkeuring van die JSE gekry om na die hoofbord van die JSE te skuif.

Dit sal daartoe lei dat die maatskappy ’n dubbele primêre notering het op die AIM-bord van die Londense beurs en die hoofbord van die JSE. Tans het hy ’n sekondêre notering op die AltX.

As aandeelhouers dit goedkeur, sal dit voor die einde van Junie voltooi wees.

“Die direksie glo dit sal die maatskappy se potensiële beleggersbasis vergroot, sy beheerraamwerk ontwikkel en sy groei-ambisies op lang termyn fasiliteer,” sê die maatskappy in ’n verklaring op Sens, die JSE se nuusdiens.

Blackstar se tussentydse resultate tot einde Desember 2016 behels ’n bedryfswins van £8,2 miljoen (teenoor ’n verlies van £4,3 miljoen in die ooreenstemmende ses maande van 2015) en ’n wesensverdienste van 17 pennies per aandeel.

Die direksie het ’n tussentydse dividend van 4,5 Suid-Afrikaanse sent per aandeel goedgekeur. Die groep is ook van plan om R40 miljoen in dividende uit te betaal wanneer hy die geld kry vir die verkoop van Kagiso Tiso Holdings se belang in onder meer Sea Harvest teen R270 miljoen.

’n Buitengewone algemene vergadering sal gehou word waar goedkeuring vir die dubbele primêre notering van aandeelhouers gevra sal word. ’n Langtermyn-aansporingskema sal terselfdertyd voorgestel word om talent te lok en te behou.

Blackstar reken hy het ’n stewige grondslag vir volhoubare groei gelê, met nuwe gediversifiseerde inkomste en gestabiliseerde kernbedrywighede.

Sy transformasie tot ’n veelplatform-mediamaatskappy is suksesvol “en sy markleier-handelsname lewer sterk kontantvloei om toekomstige groei te onderskraag”, lui die verklaring.

Die aanlyn publikasie van die inhoud van Business Day en Financial Mail agter ’n betaalmuur en advertensiegroei word as “hoogtepunte” uitgelig.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.