Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tito vra uitstel vir OBK-sessie

’n Aanlyn vergadering waarop die Openbare Beleggingskorporasie (OBK) en die nasionale tesourie die parlement sou toespreek oor die Mpati-verslag, is uitgestel.

Tito Mboweni, minister van finansies.

Tito Mboweni, minister van finansies, het die staande komitee oor finansies gevra om die vergadering uit te stel, want hy kon weens die Covid-19-krisis nog nie die Mpati-verslag met die kabinet bespreek nie.

Die kommissie van ondersoek onder leiding van regter Lex Mpati het in 2019 ’n maande lange ondersoek gedoen na omstrede transaksies van die OBK, wat meer as R2 000 miljard se bates bestuur. Die meeste daarvan is staatsdienswerkers se aftreespaargeld.

Joe Maswanganyi, voorsitter van die komitee, het Dinsdag laat weet die nuwe datum vir die vergadering sal weldra aangekondig word. Die OBK en die tesourie sou bespreek hoe die Mpati-kommissie se aanbevelings in werking gestel sal word.

Die vakverbond Cosatu het Maandagaand nog gesê hy sien uit na die vergadering, want hy wil hê die parlement behoort die nasionale vervolgingsgesag (NVG), asook die Gedragsowerheid vir die Finansiële Sektor ook in te roep om te verduidelik wat hulle al gedoen het om die kommissie se aanbevelings in werking te stel.

Van die Mpati-kommissie se aanbevelings sluit in dat forensiese ondersoeke gedoen word na alle transaksies wat die OBK met die Sekunjalo-groep van dr. Iqbal Survé gedoen het, en dat twee vorige OBK-direkteure wat ook in die mislukte VBS Bank se direksie gedien het, deur die NVG ondersoek word.

Cosatu is ook uiters teleurgesteld dat die regering nog nie die wysigingswetsontwerp oor die OBK bekragtig het nie, al is dit al meer as ’n jaar gelede deur die parlement goedgekeur, sê Matthew Parks, parlementêre koördineerder van Cosatu.

Die wetsontwerp vereis van die OBK om aan die parlement, die publiek en sy deposante verslag te doen oor al sy beleggings. Dit vereis dat daar vakbondverteenwoordigers in die OBK se direksie dien.

Meer oor:  Sekunjalo  |  Obk  |  Tito Mboweni  |  Lex Mpati  |  Iqbal Survé  |  Gepf  |  Obk-Ondersoek  |  Staatsamptenare  |  Bedrog  |  Tesourie  |  Obk-Kommissie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.