Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tongaat plaas als op die spel om skuld te bestuur

Tongaat-Hulett en sy krediteure het ooreengekom op ’n noodplan wat dié beleërde suikervervaardiger van ondergang kan red.

Tongaat-Hulett staan bykans op die afgrond.

Dit sluit in ’n skuldstilstand waarvolgens Tongaat slegs die rente op sy skuld gaan betaal totdat sy sake gestabiliseer het.

Tongaat het ’n enorme skuldlas en dít, tesame met die rente daarop, knou die maatskappy te midde van ’n skerp daling in suikerverkope.

Die suikerreus sê in ’n Sens-verklaring die ooreenkoms rakend bestaande kort- en langtermynskuld sal sy enorme skuldlas lewensvatbaar maak, maar ook voorsiening maak vir bykomstige lenings, indien nodig.

Tongaat-Hulett het reeds in Februarie aangedui hy verwag ’n beduidende verlies in die jaar tot einde Maart en het dus met ’n dringende omkeerplan begin. Daarna is boekhou-onreëlmatighede opgemerk wat nou deur PwC ondersoek word. Dit kan moontlik meebring dat Tongaat se vorige finansiële syfers hersien moet word.

Tongaat verwag sy wesensverdienste gaan tot 250% laer wees as die R617 miljoen in die voorafgaande boekjaar.

Al Tongaat se vaste eiendomme en bates word nou as waarborg vir sy bestaande lenings verskaf, en alle belange, inkomste, regte en titels verwant aan die eiendomme word ook oorgedra in die geval dat krediteure die bates moet verkoop.

Die maatskappy het ook ooreengekom dat hy sy finansiële ondersteuning van nie-Suid-Afrikaanse maatskappye binne die Tongaat-Hulett groep sal beperk.

Tongaat sal laastens ook deurlopend inligting oor sy finansies en bedrywighede aan sy krediteure moet verskaf.

Tongaat is vol vertroue nadat die ooreenkoms gesluit is sal hy aan alle vereistes van solvensie en likwiditeit voldoen.

Die nuus dat ’n noodplan gereed is, het Tongaat se aandeelprys teen 14:00 met 3,2% tot R21,58 laat styg.

Meer oor:  Pwc  |  Resultate  |  Suikerbedryf
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.