Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Tongaat soek blaaskans van R11 miljard se skuld
Die Shongweni suikerplaas wat deur Tongaat-Hulett besit word. Foto: Argief

Tongaat Hulett vra tien van sy krediteure vir ’n blaaskans van die paaiemente op sowat R11 miljard se skuld sodat hy kan herstel van die impak dat hy sy syfers moes heraangee.

Gavin Hudson, uitvoerende hoof van die beleërde suikerreus, sê Tongaat bestee tans sowat R1 miljard per jaar op die afbetaling van skuld.

Hudson het in ’n onderhoud met Bloomberg by die maatskappy se hoofkantoor in Durban bevestig dat hy hoop om onderhandelinge met sy krediteure vir ’n opskorting van skuldbetalings teen einde Julie af te handel.

Tongaat is tans besig met ’n proses om baie van sy bates te verkoop en sy uitgawes te verklein sodat sy balansstaat versterk kan word.

“Tongaat gaan nie vinnig reggeruk word nie,” sê Hudson.

“Maar ons oorweeg alle opsies.”

Hudson is in Februarie aangestel as uitvoerende hoof om ’n omkeerplan te skep en die maatskappy te red.

Tongaat, wat reeds gekwyn het onder druk van veranderende verbruikerstendense en suikerbelasting, het in die middel van sy omkeerplan vroeër vanjaar gevind dat sy finansiële resultate verskeie onreëlmatighede bevat het.

Hy kon dus nie op enige van sy syfers vir die finansiële jaar tot einde Maart 2018 staatmaak nie.

Tongaat het die JSE in Junie 2019 gevra om die verhandeling van sy aandele op te skort.

Volgens Tongaat is die polisie besig om ’n voormalige bestuurder van die maatskappy vir sy rol in die krisis te ondersoek. Sy naam word nie openbaar gemaak nie. Na bewering het dié bestuurder onder meer wins aangemeld op transaksies voordat hulle gefinaliseer is.

Tongaat het PwC aangestel om die omstredenheid in sy resultate te ondersoek, en verwag dat dit teen September afgehandel sal wees.

Volgens Hudson doen die maatskappy “al die toepaslike stappe soos die ondersoek voortbeweeg”.

Hudson en sy span ontmoet daagliks in hul “krygskamer” om die herstrukturering van die maatskappy se kernsake te bespreek.

“Ons kan potensieel sowat R800 miljoen tot R1 miljard genereer deur ontslae te raak van sekere afdelings, afhangend van ’n paar dinge, insluitend of ons die regte kopers kan opspoor.

“Ons is ook besig om verskeie kostebesparings te implementeer, insluitend deur om mense af te lê,” het Hudson gesê.

Die algehele werksmag sal met 2%, of 600 mense, verklein word, hoofsaaklik deur ontslae te raak van verskeie bestuurders asook deur kantore in Suid-Afrika te sluit.

Sake-eenhede wat reeds vir sluiting geïdentifiseer is, sluit in verpakkingsaanlegte in Botswana en Namibië, asook wildplase in Mosambiek en Zimbabwe. – Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Tongaat Hulett  |  Tongaat  |  Suikerbedryf  |  Skuld
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.