Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Toyota belê $500 miljoen in Uber
Die Toyota Sienna wat ontwikkel gaan word vir die Uber-netwerk.

Toyota gaan $500 miljoen in Uber belê vir motors wat self bestuur.

Toyota sal as deel van die transaksie, wat Dinsdagoggend vroeg aangekondig is, Sienna-voertuie waarop Uber se sagteware gelaai is, begin vervaardig.

Dié voertuie sal van 2021 op Uber se netwerk getoets word.

Ná Toyota se belegging word Uber se markwaarde op sowat $72 miljard geskat.

Akio Toyoda, uitvoerende hoof van Toyota, sê die paradigmaskuif wat net eenmaal in ’n eeu in die vervoersektor gebeur, het ’n kwessie van lewe of dood vir tradisionele motorvervaardigers geword.

Uber is nie die eerste taximaatskappy waarin Toyota belê nie.

Hy het $1 miljard belê in Grab Holdings wat in Suidoos-Asië bedrywig is.

Hy het ook ’n vennootskap met China se Didi Chuxing.

Toyota steun ook Japan Taxi, een van Uber se mededingers in Japan.

“Ons het sedert 2015 hard gewerk om veilige, betroubare selfbestuur tegnologie na die Uber-netwerk te bring,” sê Eric Meyhofer, hoof van Uber se afdeling vir gevorderde tegnologie.

“Ons het geweet ons kan dit nie alleen doen nie. Dit is hoekom ons steeds vennootskappe met wêreldklas motorvervaardigers sluit om ons visie ’n werklikheid te maak.”

Die voertuie wat Uber en Toyota gaan vervaardig sal deur ’n derde maatskappy besit en beheer word. Hulle sal saam besluit wie dié maatskappy is.

– Bloomberg, verwerk

Meer oor:  Toyota  |  Uber  |  Japan  |  Selfbesturende Motors
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.