Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Toyota: Lyk of alles wél altyd regloop

Toyota is baie positief oor die jaar wat voorlê en glo die kans is goed dat hy sal kan terugkeer na sy winsvlakke van voor die Covid-19-pandemie.

Toyota sê hy verkoop veral op die oomblik baie voertuie in China en Amerika. Foto: Unsplash

Dié optimisme is Woensdag uitgespreek toe die motorvervaardiger aangekondig het dat ’n stewige verdienste vir die huidige boekjaar in die pyplyn is.

Toyota het ook bekend gemaak 250 miljard jen (sowat $2,3 miljard) gaan verkry word uit die terugkoop van aandele.

Toyota gaan voort om voertuie te vervaardig te midde van ’n wêreldwye tekort aan mikroskyfies. Sy vermoë om dié probleem te oorkom, plaas hom in ’n baie sterk posisie om te kapitaliseer op die groeiende vraag vir motors.

Die Japanse maatskappy, die wêreld se grootste voertuigvervaardiger, verwag 2,5 duisend miljard jen se bedryfswins vir die volgende 12 maande wat in Maart 2022 eindig.

Die bedrag was 2,4 duisend miljard jen vir die ooreenstemmende tydperk in 2019, voordat die pandemie die motorbedryf op sy knieë gedwing het.

Ontleders voorspel ’n gemiddelde bedryfswins van 2,7 duisend miljard jen.

Toyota se algehele verkope van eenhede die afgelope boekjaar was egter 4% laer teenoor die ooreenstemmende tydperk in 2019.

Dit is tans ’n onstuimige tyd vir die motorbedryf wat gebuk gaan onder ’n wêreldwye tekort aan mikroskyfies.

Aan die begin van vanjaar het die motorbedryf met ’n skok wakker geskrik toe hulle besef daar is ’n wêreldwye tekort aan hierdie skyfies, en die meeste vervaardigers het nie genoeg bestel om hul vervaardiging te kan opstoot nie.

Kenners verwag die situasie gaan nog verder versleg voordat dit sal verbeter.

Toyota was eerste uit die blokke om sy verskaffingskanaal reg te ruk en produksie te verhoog, juis as gevolg van die stygende vraag na motors. Bloomberg berig Toyota het nie – soos sy mededingers – dit nodig gehad om sy vervaardiging af te skaal weens die tekort nie.

Toyota glo hy het genoeg mikroskyfies om naby aan sy teikens vir vervaardiging te kom. Die situasie kan wel in die Japannese somer versleg.

Hy het dit verlede jaar reggekry om die titel as die wêreld se grootste vervaardiger van Volkswagen weg te raap.

Sy Japanse teenstander, Nissan, het Dinsdag ’n bedryfsverlies van 151 miljard jen vir die afgelope finansiële jaar aangekondig.

LEES OOK: Nissan kry stadig maar seker meer vaart

Toyota se wêreldwye verkope vir Maart het met 44% gestyg tot 982 912 eenhede – ’n rekordgetal vir een maand.

LEES OOK: Toyota beleef sy beste maand nóg

Meer oor:  Toyota  |  Motorvervaardigers  |  Motorbedryf  |  Voertuie
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.