Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet-baas loop ook Davos mis
Siyabonga Gama, uitvoerende hoof van Transnet. Foto: Elvira Wood

Siyabonga Gama, uitvoerende hoof van Transnet, is nog een van die leiers by staatsondernemings wat hul besoek aan die Wêreld- Ekonomiese Forum se jaarberaad in Davos, Switserland, moes prysgee.

Jabu Mabuza, nuwe voorsitter van Eskom, moes ook al vandeesweek sy beplande besoek aan Davos kanselleer om te help ingryp in die geldkrisis by Eskom. Die beraad begin Dinsdag.

Gama is saam met ’n stewige afvaardiging van Transnet ingevolge die parlementêre wetgewing oor magte en voorregte gedagvaar om voor die staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) te verskyn om te getuig oor beweerde oortredings van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies.

Dit spruit uit onreëlmatige besteding by Transnet in die 2016-’17-boekjaar, asook in die eerste twee kwartale van die 2017-’18-boekjaar.

Lynne Brown, minister van openbare ondernemings, het ook Dinsdag die sitting van Skoor bygewoon ter ondersteuning van Transnet, asook topleiers van die Valke.

Themba Godi, voorsitter van Skoor, sê Transnet loop nou die geleentheid mis om by Davos te wees om beleggings te lok, maar dis omdat Transnet nie op 6 Desember by die Skoor-vergadering opgedaag het nie.

Linda Mabaso, voorsitter van Transnet, het “nederig om verskoning gevra” dat die direkteure nie die sitting in Desember kon bywoon nie.

Vincent Smith, ANC-lid van Skoor, het elkeen van die Transnet-direkteure wat Dinsdag in die parlement was gekonfronteer oor waarom hulle nie in Desember voor Skoor verskyn het nie. Die een was reeds met vakansie, nog een was in Swaziland, en ander het gesê hulle het ander afsprake gehad en het nie genoeg tyd gehad om voor te berei nie.

Smith het gewaarsku die direkteure kan as onbevoegde direkteure verklaar word as hulle jok oor waarom hulle nie die Skoor-sitting in Desember kon bywoon nie.

Hy het gevra of hulle onvoorbereid of onbeskikbaar vir die vergadering was. “Dit kan nie albei wees nie.”

Bykans al die verkrygingsbeamptes van Transnet se verskillende filiale was ook Dinsdag in die vergadering.

Meer oor:  Transnet  |  Eskom  |  Jabu Mabuza  |  Siyabonga Gama  |  Staatsondernemings  |  Wef
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.