Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet en McKinsey skik

Die internasionale konsultasiefirma McKinsey het ingestem om R870 miljoen aan Transnet terug te betaal.

Transnet en McKinsey het Dinsdag ’n verklaring uitgereik om aan te kondig hulle het ’n finale skikking bereik oor gelde wat Transnet by die firma teruggeëis het.

Dit sluit gelde in wat aan McKinsey betaal is vir projekte waarby die Gupta-verwante Regiments Capital betrokke was.

Transnet en McKinsey het Dinsdag ’n verklaring uitgereik om aan te kondig hulle het ’n finale skikking bereik oor gelde wat Transnet by die firma teruggeëis het.

McKinsey het in Desember 2020 by die Zondo-kommissie van ondersoek na staatskaping belowe hy sal die geld terugbetaal.

Die finale skikking van R870 miljoen sluit ook rente in. Dit is wel minder as die meer as R1,2 miljard wat Transnet in Desember bereken het wat McKinsey hom behoort terug te betaal.

Onlangs is in die parlement verneem die Suid-Afrikaanse Lugdiens is ook nog in gesprekke met McKinsey oor die terugbetaling van R10 miljoen in kontrakgelde aan die SAL. Die SAL het in daardie stadium gesê hy onderhandel met McKinsey oor rente op die geld.

Voor die Zondo-kommissie is Maandag bekend gemaak dat Transnet oorspronklik R687 miljoen aan McKinsey betaal het. McKinsey het ook ’n kontrak by Eskom gehad waar R1,1 miljard aan hom betaal is.

McKinsey was betrokke by transaksie-adviesdienste rakende die groot lokomotiefkontrak by Transnet, waardeur Transnet 1 064 nuwe lokomotiewe aangekoop het.

Meer oor:  Transnet  |  Mckinsey  |  Korrupsie  |  Spoorweë  |  Staatskaping  |  Bedrog  |  Staatsondernemings
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.