Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet gee geboue vir kwarantyn en haweloses
Transnet se Esselenpark-opleidingskampus is vir kwarantyndoeleindes in Gauteng beskikbaar gestel. Dié kampus in Kempton Park bestaan uit geskiedkundige geboue en is in 1999 tot ’n provinsiale erfenisterrein verklaar. Dit is in die Tweede Wêreldoorlog deur Italiaanse krygsgevangenes gebou.

Die staatsbeheerde vervoergroep Transnet het van sy geboue in Gauteng, die Vrystaat en KwaZulu-Natal beskikbaar gestel vir gebruik as huisvesting vir haweloses en as plekke van kwarantyn.

In Gauteng het Transnet sy Esselenpark-opleidingskampus en sy Parkhill Lodge-eiendom as kwarantyngeriewe aangebied. Dit sal tot 16 April vir dié doel aan plaaslike owerhede beskikbaar wees, het Transnet Maandag aangekondig.

In KwaZulu-Natal het Transnet sy eiendom in Mayorsweg 60, Pietermaritzburg, tot 17 April as huisvesting vir haweloses beskikbaar gestel.

Die Msunduzi-munisipaliteit sal die gebou gebruik om aan haweloses ’n veilige dak oor hul kop te bied tydens die staat van inperking om die Covid-19-pandemie te probeer keer.

In Bloemfontein het Transnet ’n gebou wat hy vir studentebehuising gebruik, tot 17 April vir die huisvesting van haweloses beskikbaar gestel.

In totaal het die geboue wat Transnet aangebied het plek vir net meer as 600 mense.

Meer oor:  Transnet  |  Kwarantyn  |  Covid-19
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.