Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet se wins val met 35%

Minstens een staatsonderneming is darem nie so afhanklik van staatswaarborge soos Eskom of die SAL nie.

Werkers van die Transnet Nasionale Hawe-owerheid in Mosselbaai op die Arctic Tern, ’n werkboot in die hawe.Foto: Transnet

Transnet het laas in 1999 vir ’n staatswaarborg gevra, en net R3,5 miljard van sy totale skuld van meer as R133 miljard word deur die staat gewaarborg, het Nonkululeko Dlamini, finansiële hoof van die staatsvervoergroep, Vrydag gespog. Transnet kon in die afgelope boekjaar tot einde Maart R11,8 miljard se finansiering kry sonder om van die staat afhanklik te wees.

Transnet se netto wins vir dié boekjaar het egter met 35% gedaal, en dit is nog voor die impak van die staat van inperking.

Transnet het weer ’n gekwalifiseerde ouditverslag van die Ouditeur-generaal gekry. Maar Popo Molefe, voorsitter, het met die bekendmaking van die jaarresultate gesê die oudit dui nie op swak finansiële prestasie van Transnet nie, maar dit gaan meer oor onreëlmatige besteding en onvolledige verslagdoening.

Dlamini het gesê Transnet het ’n vorige finansiële hoof van die nasionale tesourie gewerf om te help om sy boekhouding te verbeter. Van die uitdagings met onreëlmatige besteding spruit so ver terug as die 2011-’12-boekjaar. In die afgelope boekjaar is R9,9 miljard se onreëlmatige besteding aangemeld. Sy het beklemtoon dat Transnet steeds ’n lopende saak is ondanks ’n insinking weens die Covid-19-pandemie se impak op sy geldsake.

Transnet jaarresultate
  • Omset styg met 1,3% tot R75,1 miljard
  • Netto wins daal met 34,9% tot R3,9 miljard
  • Spoorvragvolumes is 1,3% laer
  • Vraghouers deur hawens het met 2,4% gedaal
  • Brandstofvolumes is 0,3% laer

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het in sy opmerkings ná die bekendmaking van die resultate gesê die ouditeursbedryf behoort te sê waarom hy nie die soort foute kon raaksien wat sedert 2012 by staatsondernemings soos Transnet gemaak is nie.

Molefe meen sedert hy in 2018 voorsitter geword het, het hy opgemerk die maatskappy probeer ernstig om die foute van die verlede reg te maak.

“Transnet het onder sy potensiaal presteer in die afgelope jare, wat sy geldsake onder druk geplaas het en minder beweegruimte gelaat het. Minder instandhouding is gedoen en daar was dalende vlakke van kliënttevredenheid. Die Zondo-kommissie ons eie ‘chamber of horrors’. Dis neerdrukkend om te kyk en ek voel die pyn van alle wetsgehoorsame burgers.”

Portia Derby, uitvoerende hoof van Transnet, sê Transnet Freight Rail (TFR) het in die boekjaar gewerk om spoedperke te elimineer, want hoe vinniger treine kan ry hoe meer vragvolumes kan vervoer word. Die afdeling is egter getref deur kabeldiefstal.

Derby het belowe Transnet sal voortaan probeer om meer realisties met sy vooruitskattings te wees, want in die verlede was daar hoë vlakke van investering in nuwe lokomotiewe en treinwaens, maar dan is dit nie gekoördineer met belegging in die spoornetwerk, hawe-eindpunte en instandhouding nie. Daar was ook groot oorbegroting op groot kapitaalprojekte. Die verwagte doeltreffendheid en uitbreiding het dan nie gerealiseer nie, en vragvolumes was laer as verwag.

Meer oor:  Transnet  |  Popo Molefe  |  Portia Derby  |  Maatskappyresultate  |  Spoorweë  |  Vervoer  |  Hawens
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.