Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet soek na nuwe hoof

Transnet se soektog na ’n nuwe uitvoerende hoof van die staat se vervoergroep duur voort nadat hulle besluit het om nie die kontrak van Tau Morwe as waarnemende uitvoerende hoof te verleng nie.

Transnet het Woensdagaand in ’n verklaring gesê die besluit is deur die Transnet-direksie geneem.

Sy kontrak sal Vrydag verstryk nadat hy ses maande lank in die pos waargeneem het.

Tau MorweFoto: Argief

Morwe, wat voorheen hoof van Transnet Port Terminals (TPT) was, is in November uit die private sektor teruggeroep om by Transnet te help, nadat Siyabonga Gama in Oktober as uitvoerende hoof afgedank is.

Gama is vroeër geskors en toe afgedank nadat hy betrek is by bewerings van die omstrede kontrak van 2014 om 1 064 nuwe lokomotiewe teen meer as R50 miljard te bestel.

Transnet het Maandagaand sy waardering uitgespreek vir die werk wat deur Morwe ingesit is. Die direksie het hom ook voorgeneem om met die programme en planne wat deur Morwe geïmplementeer is, voort te gaan.

Netwerk24 het vroeër berig Morwe is as waarnemende hoof die taak gegee om teen einde Februarie ’n nuwe bedryfsmodel en korporatiewe struktuur aan die Transnet-direksie voor te lê.

Intussen is Mohammed Mahomedy as waarnemende hoof van Transnet aangestel.

Mahomedy, ’n geoktrooieerde rekenmeester, het 12 jaar vir Transnet gewerk, voordat hy in Mei 2018 as dié vervoergroep se waarnemende finansiële hoof aangestel is.

Hy is in die plek van Garry Pita aangestel, wat in April 2018 as finansiële hoof bedank het.

Transnet sê die stabiliteit van die organisasie bly ’n kernfokus van die direksie en dié aanstelling is hiermee in gedagte gedoen, gegewe Mahomedy se ervaring by Transnet oor die afgelope 12 jaar.

Oor die komende maande sal Transnet ook daarop fokus om die belangrike vakante poste op bestuursvlak, wat die uitvoerende hoof en finansiële hoof insluit, te vul.

Transnet het in Februarie agt bestuurders geskors weens interne oudits en ’n forensiese verslag wat voorheen gedoen is, maar waarvan die aanbevelings nie deur die Transnet-bestuur in werking gestel is nie.

Meer oor:  Transnet  |  Tau Morwe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.