Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet steeds lamgelê deur kuberaanval

Die probleme wat Transnet ervaar sedert ’n kuberaanval Donderdag op hom geloods is, het Sondag voortgeduur.

Teen 16:00 Sondagmiddag was Transnet se webtuiste nog steeds af. Foto: Skermgreep

’n Bron wat in die hawe bedrywig is, het bevestig dit duur voort, terwyl Gavin Kelly, hoof van die Padvragvereniging, sê die stelsels is steeds vanlyn.

In ’n brief aan belangegroepe wat 25 Julie gedateer is, het Velile Dube, hoof van Transnet-haweterminusse, om geduld gevra oor die probleme met sy IT-stelsel wat voortduur.

“Groot vordering is gemaak en die werk sal oornag voortduur om die stelsels te herstel en te verseker dat Transnet se IT-stelsels weer aan die gang kom.”

Dube kan nie sê wanneer dit gaan gebeur nie, maar beloof dit gaan so vinnig moontlik gedoen word.

“Ons het ook forensiese en sekuriteitspanne ontplooi om te verseker dat die infrastruktuur beveilig word sodat voorkom word dat dit na enige ander IT-stelsel versprei.”

Vraghouers wat in- en uitgevoer moet word, se inligting word tans per hand verwerk.

“Ons weet dit sal stadiger gaan omdat die proses nie ontwerp is om groot volumes data te verwerk nie.”

Navrae is aan Transnet gestuur om vas te stel hoe lank die probleme nog gaan voortduur omdat sy webtuiste nog vanlyn is, maar teen die tyd wat die berig op die web gepubliseer is, is daar nog geen reaksie ontvang nie.

Daar word op sosiale media bespiegel dat die aanval te doen het met die plundering en onluste onlangs in KwaZulu-Natal.

Khumbudzo Ntshavheni, waarnemende minister in die presidensie, het Vrydag in terugvoer oor die vorige week se onluste gesê die regering glo nie die aanval hou met die onluste verband nie.

Ntshavheni het Vrydag gesê sy glo Transnet sal later die dag weer in bedryf wees.

Kelly sê Vrydag in ’n stempos wat aan die media aangestuur is die aanval is baie kommerwekkend gegewe dat dit die grootste hawe, Durban, raak. “Dit het in wese die hawe gesluit vir enige tipe vrag wat in en uit beweeg en vragmotors wat reeds sukkel om die agterstand in te haal weens die onluste kan nou nie eers in die hawe ingaan nie, wat gaan veroorsaak dat die agterstand vererger.”

Kelly se dit is kommerwekkend dat die kuberaanval moontlik is en “omdat dit op ’n tyd kom wat vrae laat ontstaan of dit met die onlangse onluste te doen het”.

“Belangriker, dit laat vrae ontstaan oor hoe dit in die toekoms hanteer gaan word en of die stelsel so kwesbaar is dat dit so maklik aangeval kan word.

“Nou gaan daar nog meer vrae ontstaan in die buiteland oor ons hawens en die klaringstelsels om goedere in en uit te kry van Afrika af na oorsese bestemmings of van daar af.”

Kelly het Vrydag gesê van die koelvraghouers word afgelaai, maar die res staan stil.

LEES OOK: Krisis by Durban-hawe: Tekort aan polonie dreig!

Hy het in ’n verdere stempos Vrydag gesê die impak op verbruikers is minimaal, maar daar mag later ’n impak wees ten opsigte van vertragings met aflewerings.

Meer oor:  Gavin Kelly  |  Tegnologie  |  Vragvervoer  |  Transnet-Kuberaanval  |  Hawe
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.