Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Maatskappye
Transnet stel nuwe geldbaas aan

Transnet het Mohammed Mahomedy as sy waarnemende finansiële hoof aangestel.

Transnet se vorige finansiële hoof is by staatskaping betrek.

Pravin Gordhan, minister van openbare ondernemings, het die aanstelling goedgekeur.

Hy kom in die plek van Garry Pita, wat einde April as finansiële hoof bedank het.

Mohammed is ’n geoktrooieerde rekenmeester wat al 12 jaar vir Transnet werk. Hy was tot dusver hoofbestuurder van finansies by Transnet Group Capital en was voorheen waarnemende finansiële hoof van Transnet se afdeling vir spoorvragvervoer, Transnet se grootste afdeling.

Volgens Siyabonga Gama, uitvoerende hoof, sal sy aanstelling help om die leierskap van Transnet te “stabiliseer”.

Transnet se finansiële sake is die onderwerp van verskeie forensiese ondersoeke.

Pita het bedank nadat die Werksmans-verslag oor die aankoop van 1 064 nuwe lokomotiewe in 2014 met Transnet se direksie bespreek is.

Die lokomotiewe sou R48,6 miljard gekos het, maar die uiteindelike koste was meer as R58 miljard.

Volgens die Gupta-e-posse het die Guptas “kommissie” op die aankoop van die lokomotiewe verdien wat hulle uiteindelik R5 miljard in die sak gebring het.

Brian Molefe was uitvoerende hoof en Anoj Singh finansiële hoof ten tyde van dié transaksies, maar Pita was Transnet se verkrygingshoof.

Pita het ook rekeninge van R74 miljoen uitbetaal aan Trillian, ’n konsultasiemaatskappy wat aan Salim Essa, een van die Guptas se meelopers, behoort het.

Pita hou vol hy het niks verkeerd gedoen nie en dat sy rol in die transaksies wat na bewering die Guptas bevoordeel het, nog nie deur die polisie ondersoek is nie.

Hy het sy gesondheid en spanning by die vervoerreus as redes vir sy bedanking aangevoer.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.